Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 774 reviews.
"Wildernis is 'n pragtige kusdorp met die mooiste, skoonste en langste strand."
"Dit was heerlik stil toe ons daar was maar in die vakansie seisoen is dit baie besig. Dit is waarom blyplek soos Beyond the Moon lekker is as mens meer stilte wil hê. Wildernis se natuurskoon is onbeskryflik en die strande pragtig. Daar is baie om te doen in die area. "
Wilderness Heights, Wilderness
Mont Fleur"Wat 'n asemrowende uitsig en lus vir die oog om te beleef en te geniet. VIVA Wilderness Heights."
"Een van beste in SA. Die kwaliteit van die strand, die restaurante en die omgewing is wêreldklas."
"Wilderness is pragtig! Die lekkerste restaurant en kuierplekke. Ook lekker naby aan George Lughawe!"
"Ek beveel Pomedoros (Italian) en Flava (Burgers and FUN) vir 'n heerlike aandete en goeie atmosfeer aan!"
"Ligging is baie sentraal. Van Wilderniss af kan jy of oos of wes langs die kus af plekke besoek en nog steeds betyds terug wees vir 'high tea'. Fantastiese restaurante. En ek het veral gehou van die feit dat die bestemming 20 minute se ry van George Lughawe af is."
"Pragtige omgewing met lieflike natuur. Daar is baie om te sien en te doen en dis geriefik naby ander gewilde bestemmings soos Sedgefield, George en Knysna."
"Wildernis is sentraal geleë op die Tuinroete en al die omliggende dorpe is maklik bereikbaar."
"Wildernis nog altyd ons gunsteling plek, naby baie aantreklikhede, wandelpaaie, staproetes en eetplekke, wat nog van die strande."
"Wildernis en die omliggende dorpies is ongelooflik pragtig en rustig en word beslis aanbeveel vir 'n vakansie. "
"Dink dit sal baie lekker wees om daar vakansie te hou - ons het die dag daar baie goed benut en geniet."