Verified Reviews
Witsand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Witsand
Rated 4.6 out of 5 based on 672 reviews.
"Nie veel om te doen nie, behalwe as jy 'n hengelaar is. Ver van naaste dorp. Pragtige natuurskoon en veilig plek vir wandelings."
"Baie klein gemeenskappie, met vriendelike, hulpvaardige mense. Baie stil en rustige dorpie met geen misdaad nie. Ideaal om die dorpie plat te stap. Dit gee jou die keuse van die rivier en see, wat ineenvloei en wat baie uniek is. Jy kan bootry, visvang of saam met die plaaslike boot uitgaan."
"'n Pragtige plek waar jy kan wegbreek van die alledaagse gejaag en net lekker rus. As jy jou kinders saam vat, pak bokse in vir die duine. Daar is lieflike winkeltjies naby indien jy iets vergeet het, maar ek sal aanraai dat jy al jou kruideniersware en skoonmaakmiddels van die huis af saambring. Daar is ook heerlike eetplekke vir 'n bederf aandjie."
"Amazing, peaceful and definitely a place to visit if you need to relax away from the hustle and bustle of everyday life. "
"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "
"Dit is baie mooi. Ons het ook De Hoop besoek en dit was 'n wonderlike ervaring. Daar is baie beperkte moontlikhede vir inkopies, onder meer kruideniersware, vleis en vars produkte, en ons moes na Swellendam ry vir 'n dokter en apteek (daar is nie 'n apteek of 'n dokter nie). Die restaurante in die dorp raak vinnig oorweldig wanneer daar baie mense is, maar ons het heerlik daar gekuier. Ons sal volgende keer meer voorbereid wees."
"Witsand is 'n wonderlike bestemming, veral vir gesinne. Die kinders geniet Witsand baie. Dit is 'n lekker rusbestemming. Vat net genoeg kruideniers saam, want die winkels is baie duur."
"Mooi strand en die Breederivier is baie mooi, maar die wind het omtrent heeltyd baie erg gewaai. Daar is min om te doen as 'n mens nie visvang nie en slegs een behoorlike restaurant (Pili Pili). Die kos was darem baie lekker."