Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 672 resensies.
"Witsand is 'n heerlike juweeltjie. Pragtige strande waar mens heerlik kan loop en skulpe optel. Ek het nog nooit sulke hope skulpe op 'n strand sien lê nie. Visvang is nie my passie nie, maar duidelik is dit ook die plek daarvoor as jy daarvan hou nie. Daar is al die geriewe wat jy sou verwag, maar dit voel nie kommersieel nie. Dit maak dit 'n plus punt aangesien dit mos juis is waar mens wil rus as jy wil wegkom van daaglikse stresse. Pragtige, skoon omgewing. Lekker vakansieplek. Lekker blyplek as jy sommer net wil wegkom en maak asof jy in die paradys lewe."
"I have been going to Witsand for many years as child with my parents and now with my own family. Witsand is a beautiful town safe and quiet and will most defiantly go again."
"Dit is 'n lieflike klein dorpie. Ek is mal oor die mense se energie. Witsand is 'n definitief vir 'n wegbreek."
"Buiteseisoen 'n heerlike stil plek vir rus, vrede en ongelooflike natuurtonele langs die see en riviermonding. Wonderlike plek vir hengelaars."
"Witsand is 'n hengelparadys. Dit is baie rustig daar en rus is aan die orde van die dag."
"Baie mooi plek, baie rustig, meer ideaal vir hengelaars en persone wat bote het."
"Witsand is perfek vir hengel. Wees net voorbereid vir koel, winderige weer. Vroeë oggende op die strand is baie aangenaam vir die gesin. Middae kan dit onaangenaam raak."
"Nee, maar moet maar versigtig wees as jy stort om nie te struikel nie."