Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1081 reviews.
"Dis die beste plekkie om weg te breek van die stadslewe, as jy net 'n bietjie stilte en rustigheid wil hê. Al die mense is vriendelik en het dit vir ons so veilig gemaak met die Level 4. Ons kon nog steeds al ons avonture veilig doen. Wonderlike plek en mense."
"Love St Lucia. It really has the best of both - stunning bush and beautiful beaches!"
"Underrated town with heaps of potential. Certainly a fantastic place to spend some time as a base to explore the surrounding areas of Isimangaliso, the Game Parks and beyond."
"Jozini dorp ongelukkig in 'n baie slegte toestand. Die damwal kan 'n uitmuntende toeristeaantrekking wees, maar geen sekuriteit of beheer nie."
"Baie verander vandat ek daar was, plekke wat nice was bestaan nie meer nie."
"Ongelooflike dorpie met so baie om te doen en sien. Het dit baie geniet en kan nie wag om weer terug te gaan nie!"
"Hluhluwe is 'n lekker middelpunt vir vele bestemmings in Noord-Natal."
"Om die strande te besoek moet jy deur padblokkades gaan. Op pad na Cape Vidal het die polisie hele voertuig deur soek vir alkohol al het ons gesê daar is nie. "
"St. Lucia dorp het baie agteruit gegaan gedurende die, of as gevolg van die Corona grendeltydperk. Die feit dat jy soos 'n krimineel behandel word as jy die strand wil besoek deur sekuriteitswagte wat aangestel is om drank en wapens op die strand te voorkom, wat ons ten volle ondersteun, is nie aanvaarbaar nie. Ek sal aanbeveel hulle word op 'n toerismekursus gestuur en geleer hoe om met gaste te werk en praat. As gevolg van die ongeskikte/onprofessionele optrede sal ons eerder ander bestemmings in KZN besoek."
"Die krokodilplaas is in 'n baie swak toestand en die diens was uiters swak van die personeel. Dit het voorgekom asof die persone by ontvangs besoekers ignoreer."
"Perfekte plek om te rus en vir die wat hou van visvang is dit 'n ideale plek."
"St. Lucia is nog een van die min dorpe in ons land wat baie netjies en skoon is."
"'n Pragtige plek met 'n pragtige en lekker swemstrand. Fantasties vir duik en snorkel en die strand is pragtig skoon."