Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1538 reviews.
"Baie aanvaarbaar as toeristebestemming. Heelwat besienswaardighede, voldoende besighede en restaurante. "
"Absoluut 'n moet vir voëlkykers. Ons het 205 soorte spesies gekry. Cape Vidal-besoeke is asemrowend. St Lucia is ons Suid-Afrikaners se trots. Riviertoere is 'n moet vir vakansiegangers."
"Skoon dorp met asemrowende natuurskoon. iSimangaliso Natuurreservaat is 'n moet-sien op die agenda."
"St Lucia is 'n baie lekker en mooi dorpie. Daar is baie om te doen. Lekker vakansiebestemming. Cape Videl is 'n baie mooi en lekker strand."
"Mtunzini is a stunning little coastal town where you can really unwind and escape from the rat race! "
"Die publieke strand word nie ordentlik deur die plaaslike munisipaliteit bestuur/in stand gehou nie. Ons sien nie ons weg oop om weer Richardsbaai te besoek voordat dit nie opgeklaar is nie."
"A very enjoyable destination. The town itself could look a bit smarter but the Isimangiliso Reserve experience was world class. "
"Vir enige natuurliefhebber is hierdie 'n moet. Die voetslaanpaaie deur die oewerwoud bied gulde toegang tot voëls en klein soogdiere. Geen gevaarlike diere is bespeur nie, al is mens heeltyd op die uitkyk. Jammer oor die toe riviermond wat die hele ekosisteem verander het tot nadeel van die natuurlewe. "
"The town itself is a very dirty but the bush and the closeness to the game park is good."
"Verskeie blokkades in St Lucia na al 3 strande asook Cape Vidal om drank te konfiskeer. Maar steeds was daar talle mense met drank op die strande asook drank in die parkeer areas by die 3 strande. Motors met harde musiek by strande bietjie die rustigheid versteur maar als in als St Lucia puik bestemming."
"Klein vakansie dorpie met 'n vriendelike gees van die inwoners. Uitstappies om van te kies en te keur asook 'n kaasfabriek, skoenlapper koepel, bootvaarte en veilige strand en natuurreservaat 30 km vanaf St Lucia. Sal weer terug gaan."
"Ek het St. Lucia besoek as kind omtrent 2 keer 'n jaar vir 9 jaar lank, en na 18 jaar stel St Lucia steeds nie teleur nie. Dit bly 'n pragtige plek met vriendelike inwoners en die natuur word beskerm, wat na aan my hart lê. St. Lucia sal altyd my vakansie dorp bly. 'n Bietjie bos, 'n bietjie see, wat meer wil jy hê?"
"Al wat sleg is is dat mens moer betaal om by die see in te gaan, maar mense wat daar woon gaan verniet in by die hek."
"Meer as genoeg om te doen al vang jy nie vis nie. Cape Vidal en al die ander besienswaardighede is steeds naby genoeg om enige persoon se vakansie propvol te maak. Baie veilige en rustige omgewing, waar jy sonder vrees kan gaan stap."