Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1538 reviews.
"Dis 'n lekker stil plekkie, maar daar is heelwat om te doen, die eetplekke is baie lekker, veral vir mense wat hulle eie ding wil doen of visvang."
"Very beautiful place, stunning nature, September not a good month to go as it rains a lot and gail-force winds will not let you walk on the beach."
"Maak seker dat jy 'n redelike bedrag kontant by jou het; by meeste van die parke wat ons besoek het het hul slegs kontant aanvaar weens hul kaartmasjiene wat gebreek was."
"Daar was bykans geen voëllewe en die wild was net 'n paar spesies. Op die oomblik nog baie droog, maar glo dit sal baie verbeter sodra die somerreën geval het en kan dit 'n lekker ondervinding wees en baie meer om te sien."
"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."
"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"
"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
"If you are going to get away from the city life and do not expect any shops or malls, then this town is the place for you. You solely go here to visit family/friends for relaxation or to just spend time on the beach."
" Baie swak vir dagbesoekers. Die personeel is vriendelik, maar daar is niks om te koop nie, net koeldrank. Daar is wel potensiaal om dit 'n uitstekende plek vir toerisme te maak."