Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1538 reviews.
"As we came from the Kruger Park where we saw the big 5 we actually were looking for something else - we did get that partly but maybe we were spoiled. Still we enjoyed it very much and would certainly recommend Bonamanzi."
"Ons was baie gelukkig om die bosloerie (Nerina Trogon) daar te sien! Wat 'n pragtige voël. "
"Die dorpie het vir ons baie agteruit gegaan vanaf ons 2 jaar terug daar deur gery het, die paaie is in slegte toestand. Baie trokke op die pad, maar dit is maar ongelukkig deel van ons lewe deesdae, meer trokke en minder treine. Verder baie mooi area, bid vir reën vir hulle want dit is baie droog."
"St Lucia is een prima uitvalbasis voor diverse activiteiten: Cape Vidal, strandbezoek, nijlpaarden-safari, walvis-spotting, bezoek aan Hluhluwe. Het dorp zelf is een lange straat met veel horeca, grote supermarkt, drankwinkels en een heel leuk marktje. Erg toeristisch maar niet te overdreven. "
"Baie lekker weer en area om maklik vir drie weke weg te breek. Baie om te sien en doen. Cape Vidal is net 'n klipgooi ver, asook iSimangaliso."
"Was 'n besonderse ervaring in die reservaat. Birding paradise het wêreldklas gidse."
"Die dorpie het 'n eg Afrika-atmosfeer. Die dam was egter net 27% vol. Langs die pad stilgehou vir foto's. Pragtige panoramas. Ons wil beslis weer Rosegarden en Pongolapoortdam besoek na die reënseisoen. Dit was 'n besonderse ervaring !"
"They must add transport for those from town like Uber or Taxify."
"Sodwanabaai is 'n baie lekker familie strand! Sodwana self is 'n baie klein, ongerepte dorpie waar jy die nodigste kan kry. Let wel, dat indien daar 'n noodgeval ontstaan die naaste dokter in Hluhluwe is wat 'n hele paar km van Sodwana af is. Een punt wat sleg uitgestaan het by Sodwana is die ingansfooi by die hek van die Wetland Park om by die strand te kom. Hierdie kan regtig 'n mens se sak ruk as jy vir 'n week of twee of langer daar wil vakansie hou."
"Hulle mark is meer gemik op oorsese toeriste. Party van die pryse is bietjie oordadig. Cape Vidal en iSimangaliso park is 'n lekker uitstappie. "
"Baie rustig en mens kan sowaar die natuur geniet. As mens lief is vir duik is die 'n uitstekende plek. Vat maar als saam wat jy nodig sal kry."