Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bergsicht Country Angelino Farm Cottage

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Thomas W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Uitstekend romanties en sielvoedend. Dit was 'n uitstekende naweek. Die eenheid was skoon en netjies en die plek het 100% gelyk soos die foto's. Aandag is gegee aan klein goedjies, selfs iets soos met aankoms was die hout in die braai plek en die warmbad reeds gepak. Ek het nie eens nodig gehad om my rooster skoon te brand of skoon te maak nie aangesien iemand die volgende oggend die gebruikte rooster kom omruil het met 'n nuwe rooster. Die persoon het ook toe die braai en die warmbad se vuurmaakplekke skoon gemaak en weer hout gepak gereed vir die volgende vuur. Selfs die braai tange is spotless gewees. Die eenheid is toegerus met alles wat jy nodig het vir 'n romantiese naweek. Daar was ook die opsie om ekstras te bestel soos 'n romantiese surprise, 'n picnic mandjie en 'n massering. Ek het van als gebruik gemaak en kom ons sê net ek het brownie punte vir ten minste 6 maande opgaar. Die personeel was vriendelik en warm. Die omgewing was baie stil. Daar kan dalk net kennis geneem word dat alhoewel die eenhede redelik privaat is, is hulle nader aan mekaar as wat mens dink of aanneem volgens die foto's. Dit sal definitief in my winter wegbreekbeplanning wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Baie dankie vir u wonderlike resensie! Ons is so bly om te hoor dat u 'n uitstekende en sielvoedende naweek by ons gehad het. Dit is fantasties om te weet dat u die eenheid skoon en netjies gevind het, en dat dit 100% ooreenstem met die foto's. Ons streef daarna om aandag aan die klein goedjies te gee, en u waardering vir die voorbereide braaiplek, warmbad en die omruil van die rooster beteken baie vir ons. Ons is ook bly dat u gebruik gemaak het van ons ekstras, soos die romantiese verrassing, piekniekmandjie en massering, en dat dit bygedra het tot 'n onvergeetlike ervaring.

Zaahirah
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Beautiful and peaceful. The cottage was beautiful and peaceful, and surrounded by breathtaking views. Would definitely recommend.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Thank you for your kind review. We're pleased you enjoyed the cottage, the views, and your stay overall. We appreciate your recommendation.

Samantha R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Rus vir die siel. Baie lekker gebly. Dit was so rustig gewees in die aand. Die beste deel was om in die hottub te sit en na die sterre te staar. Bietjie besig deur die dag, maar dit is 'n werkende plaas. Die plek is baie netjies en skoon met alles wat jy benodig en nog meer! Definitief 'n aanbeveling vir 'n wegbreek van die stad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Dankie vir u positiewe terugvoer! Ons is bly dat u so 'n heerlike tyd gehad het. Dit verbly ons veral om te hoor dat u die rustigheid en die ervaring van die sterrehemel geniet het. Ons streef daarna om 'n veilige en skoon omgewing te bied en is bly dat ons aan u verwagtinge voldoen het. Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom!

Calla H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Puik. Ons het baie lekker gebly, was fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Baie dankie vir u positiewe terugvoering! Ons is verheug om te hoor dat u verblyf so aangenaam was. U kommentaar beteken baie vir ons en motiveer ons om voort te gaan met die verskaffing van uitstekende dienste.

Liana D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Die kuier was heerlik rustig en ontspannend. Net wat ons nodig gehad het. Ons kan oor niks kla tydens ons verblyf by Bergsicht nie, alles was fantasties. Het veral die "hot tub" baie geniet. Alles was net soos in die foto's.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Liewe Liana, Baie dankie dat jy die tyd geneem het om 'n resensie oor Angelino Cottage te gee! Ons is bly om te hoor dat jou besoek heerlik rustig en ontspannend was. Dit is altyd ons doel om gaste 'n gemaklike en rustige ervaring te bied. Ons is bly om te hoor dat alles aan jou verwagtinge voldoen het en dat jy veral die "wood-fired hot tub" geniet het. Dit is wonderlik om te weet dat die kothuis presies gelyk het soos op die foto's uitgebeeld. Ons waardeer jou vriendelike woorde en sien uit daarna om jou eendag weer by Bergsicht Country Cottages te verwelkom.

Juanita B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Okt 2024

Amazing. Hierdie plek is regtig ongelooflik en skep 'n atmosfeer van kalmte en vrede—presies wat mens nodig het om af te skakel. Die aandag aan detail is voortreflik, en dis juis dié kleiner detail wat alles so perfek maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Dankie vir jou wonderlike resensie! Ons is so bly jy jou tyd hier geniet het. Dis altyd lekker om te hoor dat ons gaste ontspan en die klein dingetjies waardeer.

Andre V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2023

Baie lekker gerus. Pragtige huisie omring met die mooiste natuurskoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Thank you for reviewing our Couples Cottage, Angelino.

Michelle C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2021

Pragtig Die weer was perfek, die verblyf was perfek. Dit was rustig en die uitsigte is pragtig. Ons sal definitief in die toekoms terugkeer saam met ons familie. 'n Perfekte plek om te ontspan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Thank you for reviewing our Couples Cottage Angelino. The perfect spot to relax and slow down.

Janina D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2021

Heerlik, rustig en pragtig. Ons het ons verblyf in die Angelino huisie so baie geniet. Die huisie was silverskoon en is goed ingerig. Die plonspoel is heerlik vir afkoel in die middag en as dit in die aand begin koeler word is die warmbad 'n groot bederf. Dis die perfekte plek vir 'n romanties wegbeek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Hello Janina, baie dankie vir die resensie van ons huisie vir couples. Angelino is die perfekte kombinasie van romanties en gerieflik ingerig. So bly julle kon die beste van albei die poel se eienskappe gebruik, waar jy dit koud kan benut op 'n warm somers dag, maar kan verhit met die donkie oondjie in koeler weer en soos in julle geval op koeler aande. Ons hoop julle kom weer by ons kuier.

Bianca S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2020

Dit was bo ons verwagting! Asemrowend. Die klein detail wat hulle ingesit het was bitter oulik! Baie stylvol en rustic op dieselfde oomblik. Definitief 'n plek wat ons weer sal besoek! Die ligging, atmosfeer met die son wat sak, was stunning.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marileze OR Aneretha
Bergsicht Country Angelino Farm Cottage
Baie dankie vir die mooi woorde, ons is so bly julle het die naweek by ons op die plaas geniet.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marileze OR
Aneretha ...

Eiendomme 8

Resensies 140

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Winterhoek-weg, Vrolikheid Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9113020d95d5e283bc11796d52b067b26ff52244b1ea8728432733a7bea7ca6da6fe0b5ac88a8fb1c657c771bd3e44bb4cd7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 Winterhoek Road Vrolikheid Farm 6820 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.226320413234 19.147159796751

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang