Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Kambro Accommodation & Farm Stall

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 55 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Vanaf R550 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kambro Accommodation & Farm Stall is halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad op die N12, 21 km noord vanaf Britstown in die rigting van Kimberley. Ons bied wonderlike plaasverblyf in die Karoo.

Daar is 10 selfsorg-chalets met lugversorging en ook 6 karavaanstaanplekke op gras, en 2 kampplekke. Die eenhede het elk met 'n privaat braai en elektrisiteit en daar is skoon ablusieblokke met warm water en opwasgeriewe.

Daar is 'n speelgrond vir kinders. Daar is ook geleenthede vir voëlkyk en voetslaan. Tydens Desember en Januarie se warm dae kan gaste in die dam afkoel.

Alhoewel hierdie selfsorgverblyf is, word ontbyt en aandete op versoek bedien. Gaste kan ook self onder die sterre braai, elke chalet het sy eie privaat braai. Let asb. dat klein troeteldiere slegs in sommige van die eenhede toegelaat word en indien dit gereël word.

Daar is 'n plaasstal op die perseel. Die restaurant het lugversorging, en bied ligte maaltye. Die restaurant sluit om 16:00 maar gaste kan wegneemetes bestel. Ons tuisgemaakte pasteie is 'n baie gesogte item en springbok, lam en hoender is beskikbaar. Die restaurant is gelisensieerd, so gaste wat oornag kan dus goeie kwaliteit wyn of bier saam met hulle maaltye geniet. Gaste ontvang 'n WhatsApp boodskap op die dag van aankoms met al die opsies vir aandete. Ontbyt word ook bedien. Gaste in die karavaanpark kan tuisgemaakte brood bestel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die plaasstal verkoop verskeie konfyte, blatjang, ingelegde vrugte, droë vrugte, kweperlekkers, vrugtelekkers, geskenke, tuisgemaakte gemmerbier, suurlemoenstroop, boeke, beskuit, koekies, speserye en heelwat meer. Daar is ook 'n groot verskeidenheid rou of gekookte afval, lamsterte, gebakte kwepers, gevulde springbokboud en -saal (resepte ingesluit), boerewors, tuisgemaakte botter, sosaties, skilpadjies, ens.

Kom ervaar egte Karoo-gasvryheid op dié plaas. Verder word tuisgemaakte brood en botter sowel as tee en koffie in die chalets voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 581 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wilma V
Saam met vriende
5.0
Gasvry, gemak, netjies en lekker kos. Baie dankie vir die heerlike vleispakkies en slaaie! Ons het baie lekker gebly en ook reën gekry!
Jan 2025
Abraham R
5.0
See stars. I was pleased by the quality and cleanliness of the room, and very glad that there was an air con.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Manie P
Gesin met tieners
5.0
Great, awesome, puik. Awesome. Kos is puik. Sterre kyk great. Value for money.
Jan 2025
Sammy M
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, veilig en vriendelike diens! Pragtige Karoo juweel plekkie!
Jan 2025
Cindy L
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely stay. We had a wonderful one-night stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Wilma Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 581

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kambro Accommodation & Farm Stall het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 55 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwNzIyZWE0LTY2NjAtNDhlYS05MmM3LTc5ZTQ2OTA1MjhiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag, vir 2 mense 581 5 1 5 Brakdam Britstown 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -30.416749629539 23.565528988838

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789