Rainforest Ridge Eco-Lodge
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Robbie's Weg, The Crags, Plettenbergbaai, 7304, Wes-Kaap
- Vanaf R1 480 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Rainforest Ridge Eco-Lodge is in The Crags in die Plettenbergbaai-omgewing geleë en bied luukse verblyf in 'n privaat natuurreservaat met 'n uitsig oor die piesangreënwoud.
Verblyf is geskik vir 14 gaste en het 2 eenhede. Die luukse tweeslaapkamerkothuis is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n sitarea, 'n aparte badkamer met 'n stort en 'n kombuisie met 'n yskas, mirkogolfoond en 'n stoof. Daar is 'n stoep en 'n groot dek wat 'n uitsig oor die kloof bied.
Die Privaat Lodge is geskik vir tot 10 gaste en het 4 slaapkamers. Die eerste 2 slaapkamers het beide 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, of beide. Slaapkamer 3 het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Slaapkamer 4 het 'n stapelbed. Hierdiie 2 kamers gebruik die badkamer wat 'n stort het. Ander kamergeriewe sluit 'n toegeruste kombuis, sitarea, eetarea, kaggel, waaier en WiFi in. Die eenheid het 'n privaat ingang en 'n stoep.
Geriwe op die perseel sluit veilige parkeerplek, konferensiegeriewe, 'n kroeg en 'n wasgoeddiens in. Gaste kan aktiwiteite op die perseel geniet wat visvang, wildritte, swem, voëlkyk en begeleide wandelings insluit. Daar is ook 'n randvloeiswembad en 'n Jacuzzi met 'n uitsig oor die kloof.
Akitiwiteite in die omgewing sluit perdry, die Groot 5, wynproe, wildritte, begeleide wandelings, swem, visvang, voëlkyk, fietsry, wildkyk, bergfietsry en tennis in.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Benn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Robbie's Weg, The Crags, Plettenbergbaai, 7304, Wes-Kaap
- Gaste dink Rainforest Ridge Eco-Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 21 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Robbie's Weg, The Crags, Plettenbergbaai, 7304, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang