Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vaaldam Huis

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Rosebay 155, Vaal Dam Skiereiland, Oranjeville, 1995, Vrystaat
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Vaaldam Huis bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n grasdakhuis en -woonstel aan die oewer van die Vaaldam sowat 12 km van Oranjeville af. Gaste kan die rus en vrede van die area geniet soos hulle oor die dam uittuur.

Die huis het slaapplek vir 18 gaste en die woonstel vir 4.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers waarvan 1 'n soldervertrek is en daar is 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, stoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Albei slaapkamers het 'n koningingrootte-bed. Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike hoekbank en 'n TV.

Die woonstel en huis bied albei toegang tot 'n groot stoep met 'n ingeboude braai en 'n buite-eetstel. Daar is ook 'n kroegarea, 'n pool-tafel, swembad en 'n veerpylbord.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Televisie
  • Videospeler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Salome F
Saam met vriende
5.0
15 ladies together and everyone was having so much fun. Amazing place to stay. Peaceful and tranquil.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Lene B
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasmagories! Baie baie lekker plekkie, lekker dam uitsig. Lekker jacuzzi definitief die waarde werd vir jou geld!
Sep 2024
Leon K
5.0
Ons was 'n groep van sowat 18 mense wat Vaaldam Huis vir 'n week bespreek het. Fantasties ingerig vir groter groepe met alles wat jy benodig en nog me...
Sien meer
Mrt 2024
Salome K
Saam met lewensmaat
4.8
Waarde vir geld? Definitief. Die huis is pragtig en as jy nie iets kry om jou besig te hou nie, moet jy een 'boring' mens wees. Net om vir die natuur ...
Sien meer
Okt 2023
Salome K
4.6
Was baie lekker en soveel om te doen. Dit was heerlik. Die gasvrou is baie aangenaam en sal na jou behoeftes omsien. Kenny en sy vrou is baie aangenaa...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Heidi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Rosebay 155, Vaal Dam Skiereiland, Oranjeville, 1995, Vrystaat
  • Gaste dink Vaaldam Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Rosebay 155, Vaal Dam Skiereiland, Oranjeville, 1995, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAT7nSi3WmCP1CmnmfXs6XsKw5qeFBVbKHJsH5FN3mILpbLPe0bz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6) 22 5 1 5 155 Rosebay Vaal Dam Peninsula 1995 Vrystaat 021 201 8901 12:00-19:00 12:00 -26.906736 28.16341

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang