Geverifieerde Resensie
Aberdeen
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Aberdeen bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 135 resensies.
"Baie stil gewees op 'n Sondagmiddag, maar die kerkgebou is baie indrukwekkend."
"Mens neig om op die snelweg te klim en te jaag van punt A na punt B. Gevolglik word al die kleiner plekke met hul juwele gemis, meer tyd kan van die snelweg af spandeer word."
"Unexpected Karoo gem (our first time there) with some fine architecture, especially the churches. The biblical pictures at the 'Kerksaal' are well worth seeing. And the village is surrounded by Big Sky Karoo landscapes."
"Great example of history. A pity that the fountain dried up, but people survive with rain water collection - they are resilient and make a plan. The only bank in town is Standard bank."
"Ek is boorling van Aberdeen, maar die dorpie is weens ekonomiese redes aan die agteruitgaan. Hoop hulle sal die ekonomie weer terugbring na wat dit was."
"Not much going on in the town, but a lovely place to stay over as a half way stop."
"Potensiaal vir 'n gewilde kunstige tipe dorpie wat nog ontgin moet word. Ry ten minste net eers deur en kyk, kan nie onthou wanneer laas ek net verbygehou het nie."
"Interessante argitektuur en dis ‘n netjiese en skoon dorpie! Daar is selfs ‘n interessante watergat, Die Stal, wat ek ongelukkig nie besoek het nie!"
"Besonderse plek in die Karoo. Die is vir seker ons permanente oorslaap plek in die toekoms. Gasheer is baie vriendelik en behulpsaam en die akkommodasie is super netjies, skoon, gerieflik en 'n absolute plesier om daar te kon oorbly. Sien uit na ons volgende oorslaap."
"Ons het sommer te voet die strate ingevaar en die Karoo-boustyl beloer en waardeer."
"Rustige, klein Karoo-dorpie met die nodigste kruideniersware beskikbaar. Goed geleë om die Kamdeboo Nasionale Park te besoek."
"My tuisdorp waar ek groot geword het, maar tans is werkloosheid een van die groot bekommernisse. Aberdeen het geboue met pragtige argitektuur. Dit moet seker nog regtig ontdek word."
"Aberdeen is my geboorteplek en altyd lekker om weer terug te gaan, meeste van die tyd vir familie begrafnisse."
"Ons was verras om te sien hoe skoon die dorpie is, het altyd net verbygery. Dit was 'n goeie keuse as oornagdorp op pad George toe. "