Geverifieerde Resensie
Aberdeen
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Aberdeen bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 135 resensies.
"Aberdeen is 'n klein dorpie en almal daar is baie vriendelike en hulpvaardig. Sou graag bietjie langer wou bly."
"Interessante ou kerke en geboue as dit is waarvan jy hou. Dorp se mense is vriendelik."
"Aberdeen is 'n tipiese Karoo-dorp maar tog met 'n unieke karakter van sy eie. Dit het 'n benydenswaardige historiese argitektoniese nalatenskap wat nog grotendeels behoue gebly het. "
"Interessante dorpie met baie vriendelike mense. Mooiste pophuisies en 'n baie oulike restaurant."
"Georg Restaurant kan net so wel in die Suidelike Voorstede van Kaapstad gewees het! En dis in Aberdeen, Suid Afrika. Georg Restaurant is 'n moet om te besoek. Die Karoo lam tjops was keurig bedien saam met groente en aartappel-koekies. Die nagereg van malva poeding saam met roomys was heeltemal te veel vir een persoon. Daar is ook ander interessante geregte op die spyskaart, soos wildsvleis saam met blou kaas! Ons gaan weer Georg Restaurant besoek!"
"Party huisies word sleg verwaarloos. Maar gaan seker by elke klein dorpie so. "
"Ek is van Aberdeen, gebore en amper daar groot geword. Aberdeen is in my bloed. Nie meer die bedrywige dorpie wat dit vroeër jare was nie. Rustig, ontspanne en lekker uitspan plek met 'n boek in die hand."
"As mens oor 'n naweek in Aberdeen oornag kan eetplekkies 'n probleem wees aangesien alles toe was. Gelukkig het ons heerlike vleis gekry om te braai by die klein kafeetjie en op die einde 'n feesmaal geniet. 'n Mens moet net voorbereid kom wat kos aanbetref. Ons sal weer daar oornag."
"Besoek aan die NG Kerk met die hoogste toring in die Suidelike Halfrond en Marguerite Beneke se glaswerkgalery is absolute moet. Die dorp se tuinhekkies is vreeslik mooi en kreatief."
"Aberdeen is die perfekte bestemming as jy wil wegkom van die gejaagde lewe van die stad."