Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Amanzimtoti

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amanzimtoti bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 481 resensies.

Amanzimtoti

14 Warnerdoone Beachfront Apartment

"Warner Beach self is pragtig, maar daar is is sommige elemente op die strand wat mens versigtig laat voel. Ander dele van Amanzimtoti is erger, soveel so dat mens glad nie daar wil loop nie."

Amanzimtoti

Inyoni Rock Cabanas 7

"Amanzimtoti soos ons hom geken het 'n paar jaar terug teenoor nou, het baie agteruit gegaan. Strande was vuil en vol gemors, en daar word geen reëls toegepas nie. Dit sluit die gedrag van mense rakende die gebruik van drank en hulle gedrag in. Nie altyd veilig gevoel as jy uitgegaan het nie. Sal nie sommer weer die area besoek nie."

Amanzimtoti

Beach and Sea View Ultimate Vacation

"I will recommend them 100% to anyone."

Amanzimtoti

Stella Maris

"Best town ever. We loved it, such friendly people and clean town."

Amanzimtoti

Stella Maris 15 & 17

"Daar was polisiesigbaarheid. En gegewe hierdie tyd van die jaar was daar darem ander mense op die strand en voel dit redelik veilig."

Amanzimtoti

Sea-esta Coastal Cottage

"Fantasties, het by die Thirsty Whale gaan eet en ietsie gedrink, wat 'n lekker plek om te sit en na die see te kyk."

Amanzimtoti

Beach Front Vacation

"Vir baie lekker kuier en eet is Ollies pub en restuarant 'n moet."

Amanzimtoti

AT Ruach

"Lekker vakansiedorp."

Amanzimtoti

Cabana Mio Holiday Apartments

"It's a very nice and quiet place that you can recommend anyone to go to if safety is their number 1 priority."

Amanzimtoti

Beach and Sea View Ultimate Vacation

"Die hoofstrand was nie oorbevolk nie en die strand by die woonstel was altyd leeg. Alle winkels en restaurante was binne loopafstand."

Amanzimtoti

Amanzimtoti's Ultimate Vacation

"That is still the safest place to visit."

Amanzimtoti

Breezy Seaview Self-catering

"Amazimtoti is a cool place."

Amanzimtoti

The Bali Grand Lodge and Spa

"Safe and cool place."

Amanzimtoti

AT Ruach

"Ek sal Thirsty Whale definitief aanbeveel. Lekkerste kos en beste atmosfeer."

Amanzimtoti

Tradewinds Lodge

"Lovely. They just need to clean the beaches a bit."

Amanzimtoti

Cosy Toti Accommodation

"The Bolt in Amanzimtoti is terrible as compared to Pretoria."

Amanzimtoti

The Don Lodge

"Mens kan sien Amanzimtoti was 'n baie gesogte plek in die "ou" dae. Dorp is vervalle. Alhoewel geboue oud en vervalle is, word daar darem pogings aangewend om die strand skoon te hou."

Amanzimtoti

Casa Seaview

"Ons was eers skepties om vakansie in Amanzimtoti te hou veral oor die vloede se skade en vuilwaterberigte maar ons was taamlik verras. Die lekkerste wat ons vakansie gehou het in 'n lang tyd. Hoofstrand se water was skoon en niemand het siek geword nie. Ons het die bestemming geniet. Enigste negatiewe ervaring is die wegneemrestaurante/kafees is nie heeltemal voorbereid vir Desembervakansiegangers nie so jy wag ten minste 45 minute tot 'n uur vir kos."

Amanzimtoti

Albetros 904

"Strande, parke en swembaddens baie vuil en drank en mense wat nie hulle gemors optel nie is 'n groot probleem. Rokers op die strand en honde is regtig ook 'n groot probleem. Stompies word orals gegooi en mense maak nie skoon ager hulle diere nie. Drank is nogsteeds 'n probleem. Ek stel voor boetes moet gegee word waar mense rook, drink en waar honde loop (en daar is borde geen diere nie). Amanzimtoti is 'n 2de Durban - regtig nie meer skoon en veilig oor vakansiedae nie. Die enigste plek wat mooi skoon en veilig was, was Splash en die kos was uitstekend by die Dekke."

Amanzimtoti

Stella Maris 138

"Dis baie jammer dat die area so agteruit gegaan het met die jare. Ons kom al lank soontoe maar die gevoel wat mens kry buite die woonstel is nie baie lekker nie. Die een dag het ek en my gesin afgestap strand toe, toe het daar 'n "dame" op een van die bankies saam met haar gesin gesit en eet het en sy was heeltemal topless. Ek was baie ontsteld want ek wil nie my kinders aan sulke onvanpaste gedrag blootstel nie. Verder aan was daar groterige kinders wat ook naak saam hul families op die gras gekuier het. Watse tipe plek is dit dat daar nie reëls daarteen is en mense aangespreek word nie? Daar is mos sekuriteit wat daar rondloop? Ons is baie bly oor die sekuriteit wat aangestel is. Groot probleem is al die straatligte wat stukkend gegooi is en nie werk op die boardwalk paadjie wat voor die woonstelle aan die see se kant verbyloop nie. Baie donker daar in die aand. Wat van 'n bietjie verf op die geboue waar die kafee en Spur is? Sal 'n groot verskil maak. Jammer om te sê, maar daar sal geld spandeer moet word om Amanzimtoti te maak wat hy eens was. Strenger reëls vir pieknieke op die gras en strand soos geen alkohol, geen naaktheid, geen honde ens. sal beslis ernstig toegepas moet word. Op die oomblik maak almal wat hulle wil. Verder het ons baie lekker gebly. Die weer was heel lekker."

Amanzimtoti

Dolphin Point B&B

"Toti het baie agteruitgegaan. Maar a.g.v. baie dinge wat die provinsie getref het, kan ons maar verby sekere goed kyk. Moet sê ons het probeer om local plekkies te ondersteun en hulle was goedkoper en ook baie vriendelik."

Amanzimtoti

Chez Toti

"Strande was vuil. See was vuil met kledingstukke en bande in die water. Ons het besluit om liefs uit die water te bly."

Amanzimtoti

T & T Stella Maris

"Amanzimtoti van self was glad nie wat ons kon onthou van vroeër jare nie, baie arm dorp en ietwat onnetjies. Ons kuier was wel in die begin van die vakansie-tydperk en ons kon sien soos ons gestap het dat die dorp elke dag daaraan gewerk het die omliggende areas om dit netjies te kry."

Amanzimtoti

Albetros 904

"Great place to just relax and destress, have great fun and enjoy the sea view."

Amanzimtoti

404 Dromedaris

"Op die oomblik een van die beste dorpies aan die Suidkus."

Amanzimtoti

Inyoni Rock Cabanas 6

"Beautiful place."

Amanzimtoti

Spans of Sea

"Baie goedkoop en waarde vir geld."

Amanzimtoti

110 L'Escalier Cabana

"Daar is maar bietjie baie lastige kar-oppassers en bedelaars in strate."

Amanzimtoti

Alfresco Zinger 205

"Asemrowend en mense is baie vriendelik"

Blad
Blad 2 - Wys 31 tot 60

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang