Geverifieerde Resensie
Barrydale
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Barrydale bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 271 resensies.
"Dit is 'n pragtige dorp so na aan die berge en natuurskoon. Dit is 'n veilige plek met vriendelike mense. Eerder 'n aftree-plek as 'n plek vir jongmense om 'n toekoms te bou."
"Gaan eet gerus by Mez restaurant, fantastiese restaurant, bespreek beslis."
"Dis langnaweek en slegs een eetplek is oop op 'n Vrydagaand? Skande vir so 'n mooi dorp met so 'n reputasie vir heerlike eetplekke om uit te kies. Ai, ons is maar teleurgesteld! "
"Baie oulike dorpie vir 'n dag besoek met 'n paar oulike winkels. Diesel & Creme is beslis die hoogtepunt in die dorpie."
"Mooi plattelandse dorpie, vriendelike mense, lekker eetplekke, baie om te ervaar."
"Baie oulike dorp, maar die restaurante in Barrydale maak almal vroeg toe - so 4 uur die middag, so sorg dat jy betyds daar kom, anders moet jy na die naaste dorp (Swellendam of Montagu) ry vir aandete."
"Interessante kontreiwinkels en eetplekkies langs Roete 62."
"Die ete by die Mez was heerlik. Bespreek wel voor die tyd. Hulle was baie vol."
"Barrydale is 'n pragtige dorpie met pragtige mense weg van die gedruis van die stad. "
"Barrydale is 'n pragtige dorpie en 'n fotograaf se droom. Die dorpie is vol pragtige huisies met yslike agterplase, elk met 'n stukkie boord of wingerd. Op die Route 62 is restaurante om van te kies en te keur. Dit voel kompleet of ons in 'n ander land was."
"Barrydale sal 'n baie goeie oornag plek wees, want daar is nie misdaad nie. Verder is dit 'n rustige dorp vir dié wat na rustigheid soek. Vermaakplekke maak bietjie te vroeg toe, seker te verstane om die rustige atmosfeer te behou."
"Was net teleurgesteld dat die wynkelder in Barrydale nie oop was op 'n Sondag. "
"Pragtige dorpie. Wees egter gewaarsku dat daar geen restaurant of koffiewinkel is waar jy na 16:00 nog iets kan bestel nie. Bring dus eetgoed saam indien jy nie betyds is vir 'n restaurant nie."