Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1694 resensies.
"Beaufort-Wes is skoon en netjies. Mens voel veilig. Dit lyk of die dorp goed bestuur word en in stand gehou word. Polisie ook sigbaar en lyk bevoegd. Wys mens dit kan gedoen word in Suid-Afrika as die trots en wil daar is."
"Lots of beggars and homeless people in Beaufort-Wes as you stop to do shopping or to dine out."
"Ons was in 'n fratsongeluk betrokke, die mense van Beaufort Wes was so vriendelik en behulpsaam. Dame met die naan Heidi het my vrou en ons bagasie gastehuis toe geneem. Jong man Alexander het gestop en my gehelp om my motor rybaar te kry tot by gastehuis. Die volgende oggend het hy my na Johan Pienaar Motors toe geneem. Hulle het professionele diens verskaf en was vriendelik en behulpsaam het motor vinnig vir my uitgesorteer. Beaufort-Wes is pragtig geleë en mense is vriendelike omgee mense."
"Beaufort is nou nie my nommer 1 keuse vir `n vakansie nie, maar die omliggende Karoo prag is definitief iets om te beleef!"
"Dis 'n fantastiese russtop en definitief die moeite werd om deur die dorp te ry. Die rustigheid van die platteland is vir my as stadsjapie baie belangrik."
"Klein besige dorpie oor naweke. Opening van winkels oor naweke, vir enige noodsituasies. Lekker vriendelike mense."
"Oulike restaurante. Orals is die mense vriendelik en het ons warm verwelkom. 'n Mens sal moet vroeër arriveer in die weeksdae of op Saterdae om alles te kan gaan besigtig wat die dorp het om te bied."
"Die Spur het 'n aangename atmosfeer, vriendelike personeel en die kos was heel lekker."
"Het nog nooit tyd gehad om die dorp met sy interessante ou geboue mooi te bekyk nie. Sou graag foto's daar neem in die regte lig."
"Ek het ongelukkig nie baie tyd daar spandeer nie, slegs oornag op my pad na Somerset-Wes. Die dorpie was netjies en skoon, met 'n rustige atmosfeer."