Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1694 resensies.
"Gemaklik geleë vir oorslaap tussen die Kaap en Johannesburg. Goeie eetplekke. Vriendelike mense."
"Ons het bietjie meer verwag. Jy kan allerhande lekker aktiwiteite in die omgewing doen veral by Olive Grove Guest Farm, maar moes toe terleurstellend uitvind dat dit slegs beskikbaar is wanneer jy Olive Grove se verblyf geboek het."
"Still one of my favourite towns on the route to Cape Town. So charming and I love the people they are always so friendly."
"Mooi skoon en vriendelike dorp. Het ongelukkig op pad na Spur ‘n klompie manne sien baklei in die hoofstraat."
"Mense by die Checkers was ongelooflik hoflik en Covid-19-reëls word baie goed daar toegepas. Kos van Debonairs is definitief lekkerder as Pretoria-stad sin."
"Die mense wat ons ontmoet het was vriendelik en sal ons weer eendag daar deur gaan waar ons hopelik meer tyd het om rond te kyk."
"Vir oorslaap is dit 100%. Daar is die mooiste historiese geboue waaroor ons mal is en die meeste mense is baie vriendelik. Dis persoonlik glad nie vir my 'n vakansiebestemming nie."
"Ons sal graag in die toekoms langer wil bly en die geskiedenis van die dorp ervaar. Daar is ook pragtige geboue uit 'n vorige era."
"In die 24 jaar wat ek daar deur ry is ek verheug saam met Beaufort-Wes vir die dam wat vol is!"
"Lovely place to sleep over, and while you are there, discover all the little treasures the town has to offer."