Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1694 resensies.
"Die droogte en leë damme is hartverskeurend. Verder is die dorp skoon en die mense vriendelik. Aandblom Gastehuis was 'n wonderlike voorreg!"
"Die eerste ervaring op Beaufort-Wes by die 4 Sheep Restaurant was nie te goed nie. Kos was lekker, maar, saam met die ervaring by die vulstasie, het ek regtig gedink die mense op Beaufort-Wes was stug - ek het gewonder of dit is omdat ek wit was. My tweede stop daar by dieselfde vulstasie enkele dae later het my siening heeltemal verander deur 'n enkele vriendelike petroljoggie wat my verseker het die mense van die dorp bekend is vir hul vriendelikheid. Hoop hy is reg en ek verkeerd."
"Ons het Chris Barnard meuseum besoek. Baie interessant oor sy lewensgeskiedenis."
"Die mense is baie vriendelik en behulpsaam en 'n fees om mee te gesels. Die museums is insiggewend en al die besighede was gretig om te help. Ons sal weer by Beaufort-Wes kom kuier, "
"Ons het 'n heerlike aandete by die Karoo-Deli geëet en tot laat die aand saam met die eienaar gekuier. Hulle het 'n straatbraai-ete aangebied en elke tafel kon hulle eie vleis kies wat vir jou gebraai word. Saam met die ete was roosterbrood bedien. Een aand was te kort om alles te sien en bietjie te kon rondstap, maar ons sal definitief weer in Beaufort oorbly. "
"Die dorpie is goed geleë vir 'n pitstop op pad na die Kaap. En Beaufort-Wes het alles wat mens nodig het vir daardie oornag stop."
"Ons het by een van die plaaslike restaurant Karoo Deli en restaurant gekuier, (op aanbeveeling van Zelda), en heerlik saam die eienaar en sy vrou gekuier, wonderlike hartsmense. "
"Warm, maar lekker om te sien die mense in die winkels is steeds baie vriendelik. Van die straat af lyk die plek maar bietjie verniel, maar aangename ervaring."
"Beaufort-Wes is 'n baie mooi Karoodorp. Ek het groot geraak op Beaufort-Wes, so ek sal altyd lief wees vir die dorp."
"Die dorp is baie skoon en netjies nou en baie minder bedelaars in dorp en die pad uit is ook baie netjies. Dit is 'n baie mooi dorp en geboue/wonings baie netjies."
"Beaufort-Wes is 'n oulike plekkie en ons geniet dit altyd om daar deur te ry!"
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is, wat nog hulle hoed afhaal en respek het, baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is. "
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is wat nog hulle hoede afhaal en respek het. Baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is."