Geverifieerde Resensie
Bela-Bela
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bela-Bela bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 731 resensies.
"The surrounding mountains, valleys and dams are beautiful. This is one of the many areas I would love to visit often or to stay. "
"Die paaie is pateties. Ons wou die informele kunshandelaars ondersteun het Sondagoggend, maar teen 09:30 was nog net 'n skamele hoeveelheid van hulle by hulle stalletjies. Beter aanwysings kan moontlik in die dorp aangebring word vir die bestemmings."
"Bela-Bela het lekker sentrums en eetplekke, wat nie te ver uitmekaar uit is nie. Toeka se dae, die padstal net buite Bela-Bela is altyd 'n wenner!"
"Ek sien daar word nou aan die paaie gewerk. Warmbad-oord is net baie duur vir dagbesoekers!"
"Ons was te kort daar om regtig kommentaar te lewer. Daar is wel 'n baie oulike winkelsentrum wat sal help as mens vir langer as een nag gaan met inkopies ensovoorts wat benodig word."
"Enjoyed spending my time at Bela-Bela, Forever Resort being the spot light."
"Wonderlik, ons vind dat die Spar in Bela-Bela absoluut alles en meer het wat jy moontlik kan benodig vir 'n paar lekker dae op enige van die pragtige wildsplase en ander goed toegeruste oorde. Lekker naby Johannesburg en Pretoria vir 'n vinnige herlaai na elke dag se gejaag! "
"Bela-Bela is mos maar een van die beter vakansie-omgewings in Gauteng waar jy in hotelle of chalets kan bly of net kamp."
"Re a Laura is buite Warmbad geleë. Dis ideaal omdat dit nie ver uit die stad is nie. Die dorp self se netheid en voorkoms was 'n teleurstelling!"