Geverifieerde Resensie
Bela-Bela
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bela-Bela bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 731 resensies.
"Bela-Bela is beeldskoon, maar aandag moet geskenk word aan toerisme. Dit was moeilik om die onderskeie toerisme entiteite in die hande te kry. Daar is 'n tekort aan kliënte-diens. Hulle wou ons ook vreeslik meer vra vir aktiwiteite wat normaalweg minder sou kos, aangesien ons van Johannesburg is. Ek dink Bela-Bela verloor baie besigheid en moet hulself beter bemark en kliënte-diens 'n prioriteit maak. "
"Nie sleg nie. Weet nie of ek mense eerder na Modimolle sal aanbeveel eerder as Bela-Bela nie."
"Bela-Bela het dadelik 'n vakansie stemming as jy daar aankom. Die klimaat is baie lekker."
"Ek bly self in Bela-Bela en geniet elke oomblik daarvan. Soveel om te doen en soveel om te sien. Die mense is vriendelik en verwelkom vakansiegangers. "
"Baie netjiese dorpie. 'n Besoek aan die Bela Mall is 'n moet. Agri is 'n lieflike koffie winkeltjie met baie vriendelike personeel en ietsie van alles van tuisgebak tot wildsvleis en biltong."
"Die ding met Bela-Bela is dat dit naby is as jy in Johannesburg en Pretoria bly. Dis ongelooflik om te dink dat jy in bietjie meer as 'n uur sommer by jou vakansie bestemming kan uitkom en voel asof jy ver van die stad af is. Dis lekker rou bosveld. "
"Die dorp self het ongelukkig in 'n onveilige broeines verander vanaf jare gelede."
"Die dorp is besig met baie nuwe ontwikkelings, het die nuwe Mall besoek en is regtig 'n aanwins vir die dorp."