Geverifieerde Resensie
Bellville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bellville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 298 resensies.
"Redelik goed. Net jammer die verkeer en ek is nie maats nie."
"Ek het familie in Bellville wat die bestemming gemaklik naby maak, maar sou andersins steeds nader aan Kaapstad self wou bly as ek 'n toeris was."
"Dit is sentraal geleë om met gemak orals rond te beweeg in die Kaap."
"Aangesien ons kinders in Boston/Bellville woon, is dit vir ons die ideale bestemming."
"Bellville is ver vanaf Kaapstad self as gevolg van die swaar verkeer op die N1. Die voordeel is weer dat dit weg van die besige dele is."
"Ek beveel Tygervallei aan - ek kom meestal Kaap toe vir besigheid - my kantoor is in Durbanweg naby die Tygervallei-sentrum. "
"Ons het slegs die eenheid gebruik vir slaapplek en was nie in Bellville rond nie."
"Heerlike ontbyt geëet by die Silver Spur in Oakdale, Bellville. Baie vriendelike kelners."
"Ons het nou juis in Bellville kom bly omrede dit sentraal is met meeste besighede wat mens sal benodig. Bellville is 'n baie goeie area vir toeriste."
"Quite a distance to travel to where we wanted to be, but other than that, I love Bellville."
"Veilig stil en naby al die hoofroetes na toeriste aantreklikhede."
"Dis lekker in Bellville met naburige stede en dorpe wat naby is om te besoek, kan elke dag ander plekke besoek, ten laaste die Wes-Kaap is 'n skoon plek met discipline."