Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1517 resensies.
"Ons het die Vrouemonument daar naby besoek. Bloemfontein is 'n geskiedkundige stad met baie besienswaardighede wat almal die moeite werd is om te besoek. Ongelukkig het tyd ons ingehaal en sou ons langer wou vertoef om meer te sien."
"Kan nie oor Groenvlei kommentaar lewer nie omrede ek 'n kort rukkie daar was vir besigheid en nie as 'n toeris nie."
"Bloemfontein is die rosestad met mense met harte van goud. Bloem het en sal maar altyd 'n sagte plek in my hart het."
Universitas Ridge, Bloemfontein
Janmar"Universitas Ridge is 'n woonbuurt. Indien jy na restaurante soek of 'night life' soek is dit nie die plek vir jou. Maar indien jy rus soek of selfs 'n student of sakeman is wat stilte en rus soek, is die plek wonderlik. "
"Very friendly town. Definitely worth a visit! We visited the "Naval-View" and met a Giraffa camelopardalis. Amazing."
"Gerieflik om te bereik vanaf N1. Naby stad en besienswaardighede. "
"Die hospitaal en die een hoofpad is naby aan Park West en dan hoor mens die ambulanse as daar 'n noodgeval is en sekere motors wat probeer spog in die middel van die nag."
"Dit is 'n baie skoon en netjiese area. Toegang tot die stad is maklik en so ook na die hoofroetes in en om Bloemfontein."
"Dalk effe ver van hoof besighede, maar paaie is so maklik en toeganklik dat dit geen probleem is nie."
"Besoek gerus die Vroue en Voortrekker monument - beslis die moeite werd. Een van die beste museums in Suid-Afrika na my mening. Ek kan ook Bella Cassa Restaurant aanbeveel - die beste pizza ooit!"
"I didn't find many places of interests as you would along the coast and other holiday destinations but we were looking for a quite place to relax after a long busy year and was found to be the perfect choice for us."
"Daar is baie lekker eetplekke en koopgeriewe in die omgewing en jy hoef nie stad to te ry vir enige iets nie."
"Die woonbuurt gaan blykbaar gebuk onder gebrekkige vullisverwydering. Universitas is dus nie die beste oornag omgewing in Bloemfontein nie, maar Aandmuziek kom hierdie probleme van die omgewing te bowe deur hulle onberispelike tuine."