Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 2068 resensies.
"Bloemfontein was baie koud, maar ons was goed ingerig met elektriese kombers en warm lugreëling. Die warm persoonlikhede van die mense in Bloemfontein het opgemaak vir die koue en almal is uiters vriendelik en behulpsaam."
"Uit die bedrywigheid van die stad, maar nog maklik om by alle besienswaardighede uit te kom. "
"Ons geniet Bloemfontein elke keer as ons met sportbyeenkomste kom ondersteun. Die rose-stad verras ons elke keer! Sien uit om gou weer terug te kom."
"Vir ons wat in die omliggende dele van Bloemfontein groot geword het, is daar baie besienswaardighede. Een hartseer punt is egter die algemene verval van Bloemfontein. Orals is waterlekke en vuilgoed wat gestrooi lê."
"Baie mooi ouer deel van Bloemfontein en naby winkelsentrums, skole en besienswaardighede."
"Die mense in die winkelsentrum is nie juis baie behulpsaam nie. Hulle is te gou om te sê ek weet nie of ons hou dit nie aan nie, sonder om enigsins te probeer uitvind."
"Ek sou dit nie sien as 'n vakansiebestemming nie, maar wel egter as 'n gerieflike, sentrale area wat naby die rugby stadion, ander sport fasiliteite, universiteit en sommige skole, asook die Waterfront geleë is."
"Brandwag is not such an affluent neighbourhood, however, the Premier Guest house is well situated and well built."
Spitskop Small Holdings, Bloemfontein
Bains Lodge"Geboue binne en buite kort aandag. Log Cabin's uitters vuil en behoort eers opgeknap te word voordat daar weer persone toegelaat word om daar te slaap."
"Dit is 'n baie stil omgewing naby 'n groot winkelsentrum. Goed geleë indien besienswaardighede in Bloemfontein besoek wil word."