Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 2068 resensies.
"Stil buurt met genoeg winkelsentrums in 5 km radius. Verkeer glad nie druk nie. Mense vriendelik. Voel of jy in 'n dorpie is."
"Baie rond bewegende studente, maar rustig. Naby koopsentrums. Naby hoof toegangsroetes. Goed geleë. "
"Nie vir my nie, miskien vir ander mense 'n lekker plek, baie geskiedkundige plekke om te besoek, net te besig vir my hou nie van verkeer nie."
"Baie veilige en rustige area. Baie netjies en naby aan die nodigste inkopiesentrums. "
"Op die oomblik het die padwerke ons 'n bietjie van koers gevang. Ons is spitstyd deur die stad en dit was, soos verwag, baie besig. Ek glo wel dat mense (en uitlanders) dit moet beleef om 'n regte prentjie te kry oor wat by ons Universiteite ens. aangaan. Ken nie Bloemfontein baie goed nie, maar sal beslis langer tyd daar wil wees om vir myself te sien wat aangaan. Een dag is te kort."
"Is naby sport-stadion, universiteit, hospitaal en verskeie winkelsentrums. Goeie ligging om by belangrike punte uit te kom. "
"Ek sal dit nie as toeristebestemming aanbeveel nie maar wel vir sakebesoeke, of soos in my geval, om iemand in die nabygeleë hospitaal te besoek."