Geverifieerde Resensie
Bloubergstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloubergstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1064 resensies.
"Dit is 'n rustige omgewing waar mense nog tot skemer in die strate draf, stap en fietsry. Daar is ook oorgenoeg winkelsentrums in die omgewing en Bloubergstrand se hoofstrand is baie naby. "
"Bloubergstrand is ongelooflik mooi. Die sonsondergang het nie teleurgesteld nie. Die strand is baie bedrywig met al die “kite surfers”. 'n Moet om te sien."
"'n Vriendelik plek met vriendelike mense en strande en paaie vol aktiewe, lewenslustige mense. Die perfekte plek om te ontstpan."
"Ons het Bloubergstrand se strande, restaurantjies langs die see en sy mense baie geniet. Ons sal vir seker weer wil teruggaan."
"I will always stay in Bloubergstrand. Its out of the city and you have a beautiful view. "
"Onvoorspelbare klimaat, gaan voorbereid en vat swembroek tot wintersbaadjie. Jy betaal 'n prys vir die ongekende mooi van die plek."
"Ons was maar min op die strand a.g.v. die winderige weer. Kon egter lekker by die swembad kuier. "
"Die kite surfing was 'n belewenis en kleurvol. Pragtige sonsopkoms en sonsondergang en die berg bly maar die mooiste van Bloubergstrand af."
"Alhoewel die woonstel baie naby aan die strand is, was ons nie blootgestel aan die gewone geraas nie. Die nodige winkels en restaurante almal binne stapafstand."