Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3686 resensies.
"Dit is 'n baie oulike plekkie en natuurlik met die olyfplase en markie wat hulle bied maak dit nog meer aanloklik."
"Pragtige dorpie met daardie tipiese plattelandse gevoel. Soveel interessante dinge om te sien en te doen. Beans about Coffee en Mama Cuccina restaurant is uitstekende eetplekke."
"Beautiful and picturesque, with excellent wine farms and restaurants. Getting a bit pricey for locals though. Maybe more winter specials for locals? Love it in winter not so many tourists. Why not invest in a small vintage classic cinema for entertainment though, or offer more musical experiences. Hugenot Chocolates needs urgent help in chocolate packaging and retail presentation. I love supporting them but they lack flair."
"Tyd vlieg as jy in Stellenbosch Sentraal rondloop met al sy pragtige winkeltjies en heerlike eetplekke!"
"Baie aangenaam as jy nie in die dorpskern van Stellenbosch moet bly nie. "
"Die Strand is 'n wonderlike plek. Alles is stapafstand. Wonderlike restaurante en 'n pretige waterpark vir die kinders. Wonderlike taxidiens (Gordansbaai Taxi's) - bekostigbaar en veilig."
"Dis binne vinnige bereik van die middedorp, maar tog weg van die gewoel. Al die wynplase van die omgewing is ook binne maklike bereik. Baie aangename, rustige omgewing. Kon gaan draf en stap sonder om onveilig te voel."
"Die bouwerk en verbeterings aan die seefront in Kusweg is op die oomblik ongerieflik, maar die strand self is altyd skoon en 'n besonderse ervaring."
"Strand is 'n vakansieganger se droom, Dit het lewe (lekker vibe) deur die dag, goeie plekke om snags smaakvolle etes en pret te geniet, maar tereselfdertyd het dit n lekker stil atmosfeer in die nag sodat die wat 'n bietjie wil rus dit met genot dit kan doen."
"Een van die beste plekke om te besigtig. 24 jaar daar gewoon en mis dit steeds!"
"Dis altyd interessant en heerlik om in Tulbagh te kuier. Ons het die dorpie al verskeie kere besoek en wil altyd net weer terug daarheen. Hierdie jaar het die ernstige droogte 'n demper op ons entoesiasme geplaas maar ten spyte daarvan is dit nog een van die mooiste plekkies in ons land."
"Strand sal altyd een van my gunsteling vakansiebestemmings bly. Dit is veilig en 'n mens kan kilometers stap en heerlik swem."
"'n Interessante dorpie. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal beslis weer daar 'n draai wil gaan maak."
"We wish we had more time to spend in the picturesque town of Tulbagh. We'll definitely make our next stay longer so we can walk through the town and enjoy the village more."