Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1629 resensies.
"Dis altyd interessant en heerlik om in Tulbagh te kuier. Ons het die dorpie al verskeie kere besoek en wil altyd net weer terug daarheen. Hierdie jaar het die ernstige droogte 'n demper op ons entoesiasme geplaas maar ten spyte daarvan is dit nog een van die mooiste plekkies in ons land."
"We wish we had more time to spend in the picturesque town of Tulbagh. We'll definitely make our next stay longer so we can walk through the town and enjoy the village more."
"Die instituut vir blindes is definitief n besoek werd - die handewerk wat die blindes doen is baie oulik en kreatief."
Rawsonville, Breederiviervallei
Dwarsberg Trout Hideaway"Melwierda Winery was wonderlik. Het daar 'n wynproe gedoen wat 2,5 uur geduur het. So goed was die gesels."
"Kuierbossie-restaurant was 'n groot teleurstelling. Vermy eerder. Baie beter plekke om te eet."
"Ek was op Tulbagh in September 1969 met die aardbewing en dit was goed om weer daar te wees na die ramp na soveel jare. Die museum is 'n moet-besoek vir enigiemand wat gehoor het van die aardbewing en wat graag wil sien (foto's) hoe dit gelyk het na die dorp getref is."
"De Doorns is goed geleë vir oorslaap as die Kaap net te ver is van Pretoria."
"Heerlike vars lug en plattelandse atmosfeer naby Kaapstad met baie Afrikaanse mense."
"Ceres is 'n pragtige groen dorpie as mens wil rus en ontspan. Daar is 'n keuse van goeie restourante Die tolhuis net buite die dorp op Mitchellspas se roosterkoek is 'n moet. "
"Worcester is a very friendly town and I will make sure to make more trips there during the year. "
"Dis 'n baie mooi dorp met die mooiste ou geboue en die eetplekke is uitstekend. "
"Ons hoop hul reën kom spoedig sodat die natuur ook kan herstel na die lushof wat dit gewoonlik is. Die dorpie is pragtig en die mense vriendelik en gasvry. "
"Definief 'n uitstekende basis van waar jy die hele asemrowende Slanghoekvallei kan verken!"
"As toeristebestemming word hierdie dorpie hopeloos onderskat. Vermy die hoofdorp op 'n Saterdagoggend en besoek die wynplase vir rustigheid. Sondag is die ideale dag om Kerkstraat te verken, op jou eie of as deel van 'n begeleide toer."
"Tulbagh is 'n besonderse mooi bestemming met die pragtigste uitsigte en vriendelikste mense!"