Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1629 resensies.
"Worcester is 'n baie lekker plek. Daar is nou nie veel om te doen nie, maar die mall en die stampkarre is verseker 'n pluspunt."
"Tulbagh is uitstekend tussen die berge en naby Paarl geleë. Ons sal definitief weer kom en ons sal volgende keer ook die Drostdy Hof daar besoek!"
Rawsonville, Breederiviervallei
Rawsonville Guest House"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."
"Loved exploring the wine farms. I've forgotten how awesome some of them are. Also enjoyed wandering up and down Church Street and exploring the cafes and galleries."
"Die mooiste klein historiese plekkie met die pragtigste Kaapse huise, tuine, museums, wynplase en kultuur. Te veel om in een dag te sien."
"Tulbach en sy omgewing is pragtig! Ek sal graag ook in die winter wil kom loer as die sneeu op die berge is met 'n kaggelvuur en rooiwyn! Die omgewing bied baie om te doen. Die waterval het baie poele en dis 'n fees om daar deur te bring. "
"Lieflike plek met vriendelike mense en mooi uitsigte met klomp gehaltewynplase om by te kuier. Geniet dit altyd hier. "
"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
"Alle diensverskaffers waarmee ek in Worcester in kontak was en mee besigheid gedoen het was uitstekend!"
Rawsonville, Breederiviervallei
Die Damhuis"Die dorpie self is klein, maar dit is lekker naby baie dinge om te doen en te sien."
"Pragtige dorpie! Besoek ook die kerkie in die dorp, Montpelier, Saronsberg en die olyfplaas! "
"Dit is 'n oulike dorp met baie om te sien, doen en proe in die area. Ek sal graag wil terugkeer."