Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1216 resensies.
"Dus 'n lieflike dorp vol vriendelike mense vanaf die verkeerskonstabel tot by die dorp se winkeleienaars. Die kerkklok was 'n belewenis vir my kinders en ons kan hulle terugbring in die geskiedenis. Asemroewende plek. As ons eendag wanneer ons groot is die lotto wen, dan sal ons hier 'n plek kom koop om af te tree."
"Wat 'n aangename verrassing, daar is so baie in en om Tulbagh te doen, veral die wynproe by Saronsberg en Montpieller is uit en uit die moeite werd. En daar is die aangenaamste klein Gin Tasting Room by Vindoux, 'n ervaring op sy eie. Die omliggende dorpies is naby genoeg om byvoorbeeld te gaan Zipline in Ceres. Was vir seker die moeite werd vir 'n naweek se wegbreek."
"Een van die heel beste naweke ooit, so rustig, ons kon heerlik ontspan. Die plek is so mooi en silwerskoon en alles in die cabin is net die beste."
"Relatief naby aan naburige dorpe met besienswaardighede. Dorp is baie skoon en netjies."
"Worcester is nice but not a huge amount for families to do. But it does have all the amenities you want and need plus some nice vineyards and stunning sights."
"Ceres is 'n baie mooi dorp en die plattelandse gasvryheid word definitief hier ervaar."
"Ceres is a very warm in the summer and cold in winter. I was so sick after the sunny weekend, but I think it's because of the dry warm weather conditions, but a very beautiful valley."
Prince Alfred Hamlet, Breederiviervallei
Rhodene Farm Cottages"Dis 'n baie klein dorpie en hy is beperk in wat hy kan aanbied."
"Olive Bistro Hotel se kos en diens was puik. Lyk wel of daar 'n paar plekke begin toemaak, seker a.g.v. al die loadshedding."
"Daar is min te doen in die dorp waarvan inwoners my kon vertel - basies "cider" gaan proe en "zipline". Ek was daar om park run te doen - dit is 'n mooi 5 km-roete Saterdagoggende 8:00 en beslis iets om te doen as jy wil stap, draf of hardloop."
"Pragtige omgewing. So rustig. Gastekamers was naby dorp. En het lugverkoeling in gehad vir die warm aande."
"Tulbagh verbaas my elke keer as ek terugkom. Omring met pragtige 360-grade berge."
"Ons het Ceres geniet. Ziplining is een van baie besienswaarighedes in die omgewing met baie vriendelike en behulpsame personeel."