Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 5913 resensies.
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Leonie's Guesthouse"Nieu-Bethesda is 'n pragtige, netjiese Karoo dorpie"
Patensie, Sarah Baartman-distrik
Ripple Hill Hotel"Patensie is 'n pragtige dorp vol lemoenboorde en die inwoners is baie vriendelik."
Walmer, Sarah Baartman-distrik
Forest Hall Guest House"Baie stil en uit die besige vakansieganger-gemaal."
Humewood, Sarah Baartman-distrik
125 Brookes Hill Suite"Humewood is naby aan alles, restaurante, strande en uithangplekke. Enigste probleem was dat dit 'n bietjie raserig kan word maar dis glad nie oorweldigend nie daarom het ek net een ster afgehaal daarvoor."
Paradise Beach, Sarah Baartman-distrik
Sola Fide Residence"As die hoofstrand net bietjie nader kon wees. Maar was nog steeds great."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
And The Cow Jumped Over The Moon..."'n Aanbeveling om die mooi eenvoud weer raak te sien en jou siel te voed."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Meerkat"Mal oor die plekkie. Baie interessant en ons eerste keer daar en sal vir seker terug wees."
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
Aloe Manna Self Catering Guest House"Dit is 'n heerlike vakansie bestemming."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
And The Cow Jumped Over The Moon..."Lekker om die rustigheid van die Karoo te kom ervaar."
Parsonsheuwel, Sarah Baartman-distrik
Eden Road Guest Suites"Baie sentraal geleë, ideaal vir die besigheidsreisiger."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Villa Vy"As inwoner van Mosselbaai het ek verwag dat Jefferysbaai darem sal opweeg teenoor Mosselbaai. Wat 'n teleurstelling! Die dorp is chaoties, vuil, swak onderhoude strate, vuil strande en gebrekkige ontspanningsgeriewe. 'n Hustlershop in die hoofstraat! Eetplekke en koffiewinkels is duur en vuil. Net die nuwe mall en die NG Kerk se Kersmark was darem 'n troos!"
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Doornberg Guest Farm"'n Karoojuweel! 'n Gasvrye dorp wat is wat hy is, onopgesmuk en hartlik. Die Uilehuis 'n diep-dink en weer-dinkplek, maar verseker nie die enigste besienswaardigheid nie. "
Somerset-Oos (KwaNojoli), Sarah Baartman-distrik
Avondrust Guesthouse"Nie ideaal om laat Vrydagaand of aan die begin van 'n maand daar aan te kom nie. "
Bathurst, Sarah Baartman-distrik
Village Escape"Lieflike mooi dorpie met ryk 1820 Setlaar geskiedenis en interessante winkeltjies, plase en ander plekke op boomryke paaie om te verken. Ons het lekker by die Pig & Whissle Hotel geëet en kan die goeie waarde vir geld spyskaart in geskiedkundige gebou aanbeveel."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
All Seasons Guesthouse"Jeffreysbaai is awesome! Mal oor die koffie by InFood. Baie mooi sonsopkoms gesien. Mooi skoon strande."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Mie Sorelle"As jy op soek is na opwinding, lawaai en 'n partytjieatmosfeer dan is Jbay vir jou. Die fabriekswinkels is glad nie goedkoop nie, geen bargain soos wat hulle wil voorgee nie."
Makhanda (Grahamstad), Sarah Baartman-distrik
A Stone's Throw Accommodation"Sal baie graag meer tyd wou spandeer. Wil na al die besienswaardighede gaan kyk. Het net 'n paar ure gehad voor donker en voor volgende oggend se vertrek. Baie slaggate in die dorp."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Meerkat"Baie interessante dorp met heelwat te sien en te doen."
Marina Martinique, Sarah Baartman-distrik
Marina Martinique 1304"Dis 'n baie rustige en pragtige plek en sal enige tyd weer by Marina Martinique vakansie gaan hou."
Paradise Beach, Sarah Baartman-distrik
Paradise Self-Catering Units"Vir iemand wat hou van die buite lewe en diere is dit die plek waar jou hart sal rus! Pragtige stil natuurskoon omgewing."