Geverifieerde Resensie
Calvinia
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Calvinia bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 498 resensies.
"Net jammer die totale verval van ons hele land word ook daar bespeur, maar skoner as my eie dorp met mooi geboue en geen bedelaars bespeur."
"Netjiese dorp en alhoewel hulle deur n moeilike tyd gaan met watertekorte, maak die dorpenaars seker dat toeriste n goeie ondervinding het. Sal beslis weer n draai maak in Calvinia. "
"Die dorpie Calvinia is nie werklik 'n toeristebestemming nie alhoewel ons die museum baie interessant gevind het. Almal stel egter nie belang in geskiedenis nie."
"Baie mooi en rustige plek. Lyk baie veilig, want 'n mens sien nie veel sekuriteitsheinings om die persele nie."
"Klein plekkie en 'n moet sien: die groot posbus is indrukwekkend en Die Blou Vy is 'n heerlike eetplek."
"Bespreek 'n eetplek vroegtydig op 'n Woensdagaand, dit raak redelik besig in die bekendste plekke."
"Calvinia is meerendeels 'n deurgangsdorp. Tog is daar genoeg geriewe vir mense wat langer as 'n dag of meer wil bly. "
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners, gerieflike B&B en besonderse eetplekke. "
"Baie mooi plattelandse dorpe. Sou langer wou oorbly om meer goed te sien en doen, al sou dit net wees om meer met die plaaslike mense te kon gesels. "
"Baie mooi dorp, goed versorg en skoon met vriendelike mense. Pragtige omgewing, maar ver om te ry."
"Calvinia is diep in die Hantam Karoo en daarom 'n klein dorpie met ten minste die basiese geriewe. Ek het nog nie veel tyd hier spandeer nie maar die mense is darem vriendelik en die petrol stasies in goeie werkende toestand."
"'n Pragtige dorpie wat heelwat beter in stand gehou word as die meeste ander plattelandse dorpe. Geleë in 'n pragtige omgewing."
"Netjiesste en skoonste dorpie wat ek in 'n lang ruk gesien het. Geluk aan die stadsvaders."
"Die dorp is baie mooi - weens tydsdruk kon ek egter nie alles sien nie - sou graag ook die Hantam-huis wou besoek."
"We found Calvinia a wonderful place to visit and we were made to feel welcome, everyone we met was friendly and went out of their way to make us feel welcome and if questions were are asked information was readily forthcoming. The town has a rich history and its impact on the history of South Africa, I am a huge fan of old buildings and the Architectural heritage thereof, and the stories that go with it, also there is much to see in smaller towns within driving distance which enriches your visit to the Karoo. "