Geverifieerde Resensie
Cannon Rocks
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cannon Rocks bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 90 resensies.
"Boknes en Cannon Rocks is entjie vanaf hoofpad, so lekker rustig. Die area grens aan die bewaarde Alexandria-kuswoud en groot duineveld gebied. Pragtig maar daar sal sterker ingryping moet wees teen stropery. Baie wild en rotslewe, poele wat voorheen gevul was met seelewe is leeg en word steeds gestroop. Cannon Rocks gaan "desolate rocks" word een van die dae sonder beter optrede. Dis juis hierdie unieke bate van die area wat dit sy hoe eiendomswaarde gee."
"Beautiful village, I enjoyed the Cannon Rocks trail through the forest and the way back on the beach. Amazing coastal views."
"Cannon Rocks is 'n woonbuurt waar 'n mens kan sien dat die inwoners is trots om daar te woon en die tuine en eiendomme is goed versorg. Die inwoners is so vriendelik as jy verby hulle ry en 'n mens word omtrent gegroet."
"Dis 'n ware rusoord en pragtig, rustig en het nooit bedreig gevoel deur enigiets of iemand nie. Ek sal dit as 'n veilige toeristebestemming beskryf."
"Lifeguards at Boknes are really attentive and diligent in their work. We'd love to see some information sessions on rip currents though. This entire section of the coastline has numerous rips and has claimed so many lives. How awesome would it be if these sessions prevented another drowning?"
"Perfect if you want something that is not overrun and offers a sea side getaway with nothing else."