Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2765 resensies.
"Teater groot trekpleister. Verskeidenheid eetplekke met gehaltekos. Die slaghuis is tops!"
"Baie mooi dorp, reik geskiedenis. Plekmatjies by 4Sheep het baie interessante brokkies inligting."
"Altyd 'n vreugde om op Prins Albert weer die batterye te gaan herlaai met stap tussen lieflike huisies, eetplekkies en kunsgallerye te besoek en net weer mens te word, met hane wat kraai, skape en eseltjies te hoor. ons ontdek elke slag iets nuuts!"
"Hoop dat Prince Albert sy uniekheid en karakter kan behou, ten spyte van meer toeriste. Pragtige dorpie. Nog net nie ’n goeie koffiewinkel gevind nie - sommige koffies is maar flou. Maar by Ta Mala - daar was selfs filterkoffie in huise! Dubbele sterretjie!"
"Wonderlike dorpie met fantastiese restaurante en aktiwiteite om elkeen se smaak te pas. Kom ervaar Karoo-gasvryheid op sy beste!"
"Beaufort West is a beautiful place. The atmosphere and the place you see is definitely worth seeing."
"Ons het die een restaurant besoek en het dit baie geniet. Ons kan seker nie behoorlike kommentaar lewer nie aangesien ons besoek net vir een nag was."
"'n Oulike dorpie met gasvrye mense, waar jy stilte, rustigheid en die sterre kan geniet."
"Benodig nog 'n kruideniersware-handelaar om pryse te stimuleer, Spar is uiters duur."
"Mense op die dorp het ons ontvang met plattelandse vriendelikheid, wonderlike afsluiting van troue-naweek. Lekker-lekker."
"Nice town. Fairly clean. Got all the basic shops and food places needed. Friendly people."
"Pragtige, karaktervolle dorpie met interessante plekkies om te besoek. Baie artsy. Sal weer kom."
"Prince Albert is an unexpected oasis of charm and culture that evokes the best features of a bygone era."