Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2765 resensies.
"Die dorpie is pragtig skoon met voldoende winkels. Die ou huisies is pragtig in stand gehou en ons het dit geniet om daarna te kyk. Die Swartbergpas en Meiringspoort is byderhand om die natuur te geniet! Ons is voëlkykers en was nie teleurgesteld met die verskeidenheid nie. Ons het Prins Albert tevore besoek en sal dit weer doen!"
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."
"Die stormloop van bedelaars wat teen jou voertuig-ruite slaan en op jou gil maak werklik groot afbreek aan die dorp."
"Not really a travel destination in my book. But a good overnight spot."
"Ek sal graag eendag daar wil aftree. Die plaaslike mense is vriendelik, die omgewing pragtig. Definitief 'n plek waar mens jou battery kan herlaai."
"Dis 'n prentjiemooi dorpie - dalk nie vir almal nie. Daar is beperkte besighede, maar as jy na stilte en Karoo-rustigheid soek, is hierdie die plek vir jou. Dit maak mens weer mens!"
"Solank mens nie laer as die eerste 4 of 5 blokke gaan nie, is dit goed. Verder af sowel as later in die dag raak dit touch and go. Steeds baie mooi, skoon dorp. "
"Die Gastehuis is geleë in 'n veilige en stil gebied met vriendelike ontvangs."
"'n Mooi, skoon dorpie in 'n pragtige omgewing! Die Swartbergpas en Gamkaskloof is 'n moet vir enige toeris!"