Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2765 reviews.
"PA is a bit off the beaten track but worth the effort if one links it to the experience we had in travelling the Swartberg Pass."
"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"
"'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl."
"Dis jammer dat die swaarvoertuie dwarsdeur die middedorp moet ry. Dis baie besig, gevaarlik en onaangenaam."
"Wat 'n ongelooflike pragtige plek! Alhoewel ons die Sondag daar oornag het, was daar nog steeds heelwat om te sien en te doen. Die roete oor die Swartbergpas was iets wat ons nie sommer sal vergeet nie aangesien ons sneeu sien val het. Ons gaan beslis weer Prins Albert omry op pad Kaap toe."
"Na-uurse winkels nie te goed nie. Ons moes baie rondry om 'n botteltjie melk te kry."
"Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen."
"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."
"Ons is gaande oor die rustigheid van Prins Albert en die rede dat ons elke keer teruggaan is vir die ontspanning. Genoeg om te doen sou jy besig wil bly, Karoo Kombuis se kos was heerlik en diens baie vriendelik."
"Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou."
"Mooi en veilige plattelandse dorp. Vriendelike mense wat baie moeite doen met die restaurante en huise in die dorp. Die plaaslike hotel is pragtig en ons het heerlik daar geëet. "
"Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip."