Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3446 resensies.
"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"
"Aangesien ons net op 'n deurreis was het ons nie enige besienswaardighede besoek nie, maar die dorp is beslis daarop ingestel om dit vir besoekers 'n aangename ervaring te maak. Vriendelike mense, netjiese dorp."
"'n Dorpie vol geskiedenis. 'n Besoek aan die Fransie Pienaar Museum is 'n moet as jy belangstel in die geskiedenis van die omgewing. "
"Karoo Nasional Park is reg buite die dorp, is 'n baie mooi park definitief 'n plek om te besoek!"
"Museum was geweldig interessant. Veral ouer dame wat daar werk en vloedramp self beleef het, het vertelling nog lewendiger gemaak."
"Prins Albert is 'n dorp vol geskiedenis en interessanthede. Dis besonders om die dorp van meer as 250 jaar oud te bewonder, met sy leivore, ou geboue, antieke grafte en groot bome. Heelwat restaurante om van te kies. Maak seker om ver vooruit te boek vir aandete as mens in vakansie seisoen soontoe gaan. Die hotel het 'n heerlike ontbyt plekkie en 'n Gin bar met 'n verskeidenheid plaaslike gins. Die dorp se kerk is pragtig en het sulke mooi ou huise. En as jy daar is, doen jouself n guns en ry die Swartberg pas, dit kan met 'n gewone kar gedoen word, en is regtig iets besonders om te sien. "
"Verskriklike mooi klein dorpie, sal weer daar bly, maak 'n draai by die Deli in die dorp en koop hulle Droog Rib, beste in SA!"
"Pragtige dorp (ten spyte van die knellende droogte). Beslis 'n besoek werd. "
"Wow en wow, sprokies mooi en een van die romantieste plekkies mooi skoon en histories."
"Leersaam oor vloed en inligtingsborde in dorp. Aandete en koffiewinkels na ure net beperkte opsies. "