Geverifieerde Resensie
Champagne Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Champagne Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 204 resensies.
"Ons het verslaaf geraak aan stap. Sal beslis weer kom stap. Soveel lekker plekkies. Die bakery is enige soettand se droom en die wyne van die Champagne Wine estate hoef nie terug te staan vir geen ander kelder nie. Hulle wyne, selfs die goedkoper wyne is skougehalte. "
"Fantastiese natuurskoon en heelwat om te doen, maar jy moet goeie akkommodasie hê. Daar is heelwat beter plekke as Hillbillies."
"A special part of the country, which needs to be experienced. When you need refreshing, peace and rest, this is the place to go."
"The Drakensberg Mountains are impressive. Many outdoor activities are possible in this Valley."
"Champagne Valley bied 'n groot verskeidenheid van ervaringe. Die natuur is besonders mooi."
"Pragtigste deel van die Drakensberge, met die beste bergfiets roetes! Sal enige tyd teruggaan."
"The most beautiful location.The most spectacular view of the mountain seeing it turn to pink at sunrise! A must on everybody's bucket list! Will be back in 2020!"
"Ons het 'n 40 minuut rit met Westline se helikopter gedoen. Die vlug rondom die pieke en die valleie gee 'n mens 'n heel nuwe ervaring van die oorweldigende landskap, en hoe klein 'n mens is!"
"'n Moet en 'n belewenis, daar is genoeg om jou besig te hou."
"Champagne Vallei was goed uitgerig. Hulle het 'n eetplek (pryse nie te sleg nie), hulle het 'n Chocolate Bar (pryse ook nie te sleg nie) en 'n klein winkel waar jy koeldrank en poskaarte en so kon koop."
"Pragtige area met lekker stap geleenthede vanaf Monk's Cowl en beperkte, maar baie oulike stapgeleenthede vanaf Champagne Castle Hotel en Drakensberg Sun."
"We were very impressed. Friendly and helpful people all around. Many places, restaurants, hikes, outdoor adventures and shops to visit and keep us entertained. All was in good order and alive with life."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar dis rustig en die uitsigte is regtig baie mooi. Daar is staproetes om te doen en gholfbaanrestaurante wat lekker koffie het."
"Sommige van die paaie kort dringend aandag. Slaggate is nie ‘n toeris se vriend nie!"