Geverifieerde Resensie
Colesberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 1685 resensies.
"Blykbaar 'n veilige en vriendelike dorp waar jy na restaurante en winkels kan stap. As sakereisiger het ek basies net oornag. "
"So 'n pragtige dorpie, maar jammer om te sien hoe vuil die strate is met rommel gestrooi orals."
"Vir oornagverblyf kan jy nie beter kry nie. 'n Besoek aan die Vanderkloof Dam nie ver vanaf Colesberg nie en die Gariep dam is 'n moet. "
"Ons het Gariepdam gaan besoek, pragtig, sluise loop oor! Asemrowend mooi gesig om te sien en klank om te hoor! "
"As gevolg van ligging dink ek persoonlik dat toeriste dit sal gebruik as 'n oorbly-opsie op pad na die Kaap."
"Gewoonlik kom ons laat in Colesberg aan en is te moeg om regtig die dorp te gaan verken, so ons kan nie regtig kommentaar oor die dorp gee nie."
"Colesberg is 'n rustige en gerieflike plek om te oornag wanneer mens lang pad ry."
"Ek het in die Karoo groot geword en daarom is dit altyd 'n plesier om in Colesberg te oornag en die wonderlike eetplekke te ontdek. En natuurlik, ruik die lug net anders in daardie deel van ons land!"
"'n Baie skoon en interessante dorpie. Ideale plek om oor te slaap wanneer 'n mens moeg gereis is en 'n halfpadmerk soek om te rus op pad Kaap toe. Die mense van die dorp is vriendelik en is daar ook oulike restaurante om by te eet."
"Dis 'n baie klein dorpie met baie ou geboue. Beslis 'n oornagstop en rusplek."
"Ons het nie veel van die dorp gesien nie, het laat daar aangekom en weer vroeg gery. Was bly om 'n winkel te kry wat so laat in die aand oopbly. "
"Pragtige historiese dorp. Besonderse kerkgebou. Net jammer dat dit soos so baie klein dorpies in Suid-Afrika so verwaarloos geraak het. My hoop is dat die sakelui, burgemeester en inwoners van die dorp gereeld sal vergader om oplossing te vind om die dorp in stand te hou."