Geverifieerde Resensie
Dinokeng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 526 resensies.
"Dinokeng het nog baie min wild. Dit was bietjie teleurstellend. Ek glo die toekoms sal dit 'n treffer reservaat word. Ek het dit geniet om die relatief mak wild en voëllewe wat ons gesien het van nader te beskou, die voertuig af te skakel en my tyd saam met die wildsoort te spandeer. Ek is lief vir die natuur en wildslewe en dit was vir my lekker en ontspannend. Eintlike vraag: JA ek sal weer sommer op 'n afdag soontoe gaan JA."
"Die natuurreservaat se paaie is nie baie goed gemerk op die kaart wat jy by ontvangs kry nie, so dit is deurmekaar as jy op 'n selfdrive gaan. Sou die roetes op die kaart beter aandui."
"Ons het vir die dag deurgery na Mongena reservaat toe en dit was regtig 'n belewenis en die moeite werd."
"Area is lovely and we will be back to view more animals. Thank you for taking such good care of our natural heritage."
"So naby Pretoria en met die wild wat daar is, is dit die moeite werd. Net bang dit word so gewild dat jy self nooit weer plek gaan kry nie."
"Puik en toeganlik en is 'n klipgooi weg van die stad en sy gevoel, baie diere gesien, sal graag my eie plek wil bekom in die reservaat."