Geverifieerde Resensie
Dullstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1294 resensies.
"Ons het net oornag op pad na Graskop, maar ek glo daar is genoeg in die dorpie om jou paar dae besig te hou, veral as jy hengel. Ek moet noem dat ons by die Transvaal restaurant ontbyt geëet het, ek beveel dit hoogs aan."
"Ons is 'n groep motorfietsryers en is bekend met Dullstroom. Ons geniet dit altyd om daar te stop en rond te loop om al die plekkies te sien en lekker te kuier. Dis pragtig daar en die eetplekke is altyd 'n belewenis."
"Dullstroom is pragtig en daar is baie wonderlike plekke waar 'n mens kan tuisgaan."
"Al die besighede in Dullstroom laat mens welkom voel as besoekers."
"For fly fisherman, the Municipal Dam is always a great option if you do not have access to your own water. It appeared to be well managed at the time of our stay (June 2017) and although we did not fish, there were other fishermen and women catching nice trout, and a lot of surface activity was observed during the evening rise across the whole dam. Day fee of R150 per rod, allows you to keep one fish per rod. Additional fish that are kept are charged at R90/kg. Catch and release is encouraged as is fishing barbless. "
"Pragtige, skoon, veilige dorpie. Elke restaurant bedien heerlike kos en die personeel is vriendelik. "
"Dullstroom is 'n lekker naweek-wegbreek nie te vêr uit Jhb nie. Heerlike eetplekkies, pubs en restaurante. Groot aanhanger van Anvil Brouery se bier en die Koffie Roastery langsaan."
"Dit is 'n fantastiese plek om tyd by deur te bring. Baie geskiedenis en plekke om te sien met baie interessante eetplekke."
"Wonderlike dorpie, maar die paaie daarheen is 'n nagmerrie!"
"Dullstroom is 'n wonderlike dorp. As jy mal is oor Clarens of Parys dan sal jy ook baie van Dullstroom hou."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met baie om te doen. Genoeg plekke om te eet en te drink."
"Dullstroom is 'n pragtige dorpie om te besoek en net eenvoudig uit te span en weg te kom van die stad. Dit is lekker om deur die winkeltjies te kon loop en kyk wat alles beskikbaar is. Dit was wel besiger as wat ek gedink het dit sou wees. Dit is seker weens die vertoning wat by die dam was. Die "Birds of pray center" was werklik 'n wonderlike ervaring en baie leersaam om 'n inligtingsessie by te woon met 'n lewendige vertoning van die geselekteerde voëls. "