Geverifieerde Resensie
Dullstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1294 resensies.
"Klein dorpie wat maar besig is om sy karakter te verloor - baie winkels toe, maar steeds die moeite werk om vir 'n dag te gaan rondloop en rus."
"Dullstroom is nog een van daai ongeskonde dorpies met skoon strate en vriendelike mense."
"Gaan eet beslis by Pickles & Things Bistro - die diens is vriendelik en kos uitmuntend. lieflike en vriendelike dorpie."
"Daar is oulike winkeltjies, restaurante en heelwat besienswaardighede in die dorpie en iets vir almal om te doen. Dis nie te ver van Johannesburg af nie, so maklik vir 'n naweek om weg te breek. "
"As die munisipaliteit net iets aan die paaie kan doen! Verder 'n lieflike plek, wonderlike restaurante en winkels."
"Mooi dorpie met geen potensiaal. Toerisme-agentskappe word dan betaal om toeriste daarheen te neem."
"We've visited Dullstroom a couple of times and we're always sad to leave. It's the feeling of being part of a bigger family. It's wonderful. We are in love with Dullstroom and it's beautiful surroundings. "
"Heelwat om te sien en te doen in die omgewing. Kyk gerus vooraf op Google en maak seker dat jy nie op iets uitgemis het nie. "
"Die House of Whiskeys se jenewerproe is die moeite werd, asook Charlie S se Dullstroom-ontbyt."
"Die omgewing beskik oor 'n hele paar juweeltjies. Die dorp self raak egter soms net te vol en besig - veral oor naweke."
"Dullstroom is beslis toerismegeörienteerd: vriendelike en uistekende klientediens en ons het by al die instansies wat besoek was die idee gekry die mense maak 'n plan. Die Mayfly Restaurant is uitstekend, die koffiebarista is puik, die House of Whiskies ook puik, die dame wat die Afrika-dingetjies maak, het sonder te blik of te bloos 'n tafeldoek op 'n Sondagoggend gou gemaak omdat sy nie die grootte in voorraad gehad het vir my groot tafel nie - absoluut puik. Julle 'rock' Dullstroom!"