Geverifieerde Resensie
Franschhoek
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Franschhoek bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 447 resensies.
"Ons besoek Franschhoek taamlik dikwels en geniet dit elke keer baie. Ons kom graag weer!"
"Franschhoek is die skat van die Wes-Kaap, 'n mengelmoes van goeie dinge wat jou uitgerus laat voel na 'n besoek."
"Franschhoek sal ons vir seker weer sien, met ander verblyf natuurlik!"
"Een van my gunsteling bestemmings! Klein rustige dorpie, omring met majestueuse berge en wynlandgoedere (wat besoek moet word!). Die dorpie self het ‘n verskeidenheid winkels en restaurante met ‘n regte toeriste atmosfeer! "
"Franschoek is in die hartjie van die wyn- en kos wêreld. Hoogs aanbeveel en ons sal beslis terug wees."
"Ek sou graag verkies dat daar dalk meer "taxi besighede" is om mense te vervoer."
"Fantastiese vakansiebestemming! Baie toeriste gedrurende die feesseisoen."
"Uiters pragtige omgewing. Kan nie verstaan hoekom die dorp self so skoon is nie gegewe 'n groot deel van Suid-Afrika se dorpe wat al hoe vuiler word. Ek neem aan die besighede help met skoon hou om toerisme verder te bevorder."
"Baie aangename plek met baie toeriste aantreklikhede. Pragtige omgewing. Ongelukkig baie duur eetplekke vir die gewone toeris met min inkopie winkels vir basiese benodighede."
"Baie goed om te weet dat Uber in Franschhoek werk en dat na jou wyntrein trip jy veilig by die huis kan kom."
"Wonderlike dorp met vriendelike mense, fantastiese maaltyd by Reubens geniet."
"Wonderful town to visit for a long weekend. Mountain trails well marked, restaurants excellent and location beautiful."
"Ons is mal oor Franschoek. Dit het wel net te duur geraak vir ons "locals", maar ons geniet dit met elke besoek of deurry."