Geverifieerde Resensie
Gansbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gansbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1244 resensies.
"Franskraal is 'n baie rustige en netjiese bestemming, weg van die stede se gewoel. Die mense is baie vriendelik. Ongelukkig was die weer bietjie koud op die tyd wat ons daar aangekom het, maar daaroor het niemand beheer nie. "
"Een van die skoonste en vriendelikste dorpies nog. Ons was baie beïndruk met Gansbaai, Perlemoenbaai en Hermanus. Pragtige plekke en julle sal ons verseker weer sien. Baie netjies en skoon plekke en ons het baie veilig gevoel. "
"Baie lieflike en rustige plek. Perfekte plek as jy will walvisse sien gedurende walvis-seisoen."
"ideale plek as jy will wegbreek van die besige stadslewe en net wil rustig wees by die see."
"Aangename en baie interessante plek om te eksploreer, veral De Kelders en die hawens. Blue Room Restaurant uitstekend! My steak (Espetada) lekkerste wat ek in 5 jaar gehad het - 'dinner' daar die hoogtepunt van ons besoek."
"Beautiful plek en lekker stil, veral buite seisoen, perfek vir daai ontspanning wat ons na gesmag het! Franskraal is lekker naby aan Hermanus en Gansbaai wat altwee net so mooi is!"
"Ek het grootgeword in Franskraal deur skoolvakansies en nog steeds in later jare gereeld soontoe gegaan. Pragtig en die hele omgewing daarom."
"Location is great for relaxing and pleasant for weekend visits. We were fortunate to see whales that were really close which made the stay a little more memorable. There is no beach in walking distance (that I could find), and no easy access to rock pools, this does detract slightly."
"'n Mens hoef glad nie verveeld te wees by hierdie bestemming nie. Daar is baie om te doen en te sien in die onmiddellike omgewing."
"Kleinbaai is pragtige plek, die naby geleë restaurant (The Great White House) is 'n moet (probeer die Perlemoen!). Behalwe vir die haai- en walvisbootreise is daar nie veel om te doen in Kleinbaai self nie, maar as jy bereid is om te reis is die omliggende omgewing baie mooi."
"Ek het verlief geraak op die dorpie. Dis netjies en skoon. Die wandelroete is 'n groot bonus. Die dorp het alles waarvoor jy kan vra."
"We were really surprised about Gansbaai. We never realised just what a lovely area it is and how much there is to do for young and old."
"Gansbaai is 'n rustige still dorpie. 'n Heerlike wegbreek plekkie, weg van al die stad se lawaai."
"Perfect place if you simply want to relax, recharge your batteries and live the slow life for a while. "
"Lekker wegbreekplek na 'n stil en skoon plek, met vriendelike plat-op-die-aarde-mense."