Geverifieerde Resensie
Gansbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gansbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1244 resensies.
"Gansbaai is geleë naby oulike besienswaardighede. Ons het gereeld uitgery na Stanford, Hermanus, Franskraal, Uilenmondkraal, Baardskeerdersbos en Pearly Beach. Die lokale seekos was uit die boonste rakke. Veral die Boathouse waar mens teen billike pryse vars voorbereide seekos kan geniet in die hawe. Gansbaai is 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Die visvanggeleenthede in die hawe kraai ook koning."
"Klein rustige dorpie. Sentraal geleë vir besoeke aan omliggende stranddorpies, walvis kyk, staproetes en die pikkewynbeskermingsoord."
"Pragtige, skoon, klein dorpie en ideal om by aan te doen en te oornag op pad na 'n volgende destinasie."
"Dis pragtig en rustig. Lekker om bietjie weg te breek. Restaurante en omliggende areas aan te beveel as jy stilte en rustigheid soek."
"Perfect place to relax. Close to Hermanus. Beautiful little beaches to explore. Wonderful viewing of whales when they are in the bay."
"Die atmosfeer in die dorp self is baie vriendelik en mense het ons glad nie gegroet nie. Die winkelsentrum is sentraal geleë en maklik bereikbaar."
"Not much to see or do in Gaansbaai, but close enough to Hermanus for shopping, eating out or a busier vibe."
"Kleinbaai is rustig en pragtig. Ek dink Kleinbaai kort dalk 'n lekker kafee en restaurant."
"De Kelders and the whole Gansbaai area is an undiscovered tourist destination in my opinion. Particularly for people without very young children. Quiet, safe, easy for walks and access to the sea and great scenery. Good pricing for accommodation here. Relatively easy access to CT International Airport in around 90 minutes on good roads. For me they could make more of their archaeological interest, particularly Klipgat and the various De Kelders caves and the many interesting shipwrecks."
"Gansbaai is 'n stil plek met pragtige natuurskoon. Al is dit stil, is daar genoeg om te doen in die omgewing en as jy 'n bietjie uitry is daar baie mooi plekke om te sien onder meer die mees suidelike punt van Afrika (Kaap Agulhas)."
"Gansbaai is 'n fantastiese plek. Het al baie daar gekom en sal steeds baie gaan kuier. Mooi omgewing, baie om te sien, mooi natuurskoon en gawe mense. "
"Pragtig, het grotte en mooi uitsig geniet, maar dit is nie 'n swemplek vir kinders nie. Daar is baie rotse en min strand. Moes Hermanus toe ry om kinders te laat swem. Indien daar swemplek was, moet dit dalk meer genoem word, want ek weet nie daarvan nie. "
"Kelders is een echte haven plaats zalig gegeten bij de Boat House en een mooie natuur."
"Mooi omgewing, baie om te sien en te doen, en dit is ook nie te vêr van die Kaap af nie. Heerlike, versteekte swemplekke in die nabye omgewing. Sal definitef weer daar 'n besoek aflê."
"Dit is 'n pragtige plek, baie lekker stil. Ek het baie gehou van die donkerte (geen straatligte), want ek is oorspronklik van Algeria in die Cederberge en daar is ook geen straatligte nie."
"Baie rustig. Het wel lekker lang wit strande gemis. Dit is egter lekker aangrensende plekke soos Pearly Beach en Franskraal."
"Goeie bestemming met strande by Franskraal en die Plaatsje. Ons het ook die vallei Bodhi Kaya en Farm 215 besoek. Ook Stanford en Napier en Eliminate is naby. Cape Agulas is baie spesiaal vir Hollanders."