Geverifieerde Resensie
Gansbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gansbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1244 resensies.
"De Kelders en Gansbaai in die geheel is 'n klein stukkie goud. Die mense is vriendelik, die kos is heerlik! Hier kan jy regtig ontspan en daai weldverdiende ruskans neem. "
"Pragtige dorp met mooi ongewing en vriendelike mense. Sal beslis weer gaan as die kans hom voordoen!"
"Rustige dorpie met mooi skoon strande en naby geleë aan die dorp Gansbaai."
"Fantastiese, rustige plek. Mooi skoon strande en ek het veilig gevoel om met my seun af te loop strand toe. Al die inwoners is vriendelik en mens voel sommer tuis."
"Het 'n lekker rustige landelike atmosfeer. Naby goeie visvangplekke. Ek gaan gereeld daarheen vir 'n lekker wegbreek."
"Loved the fact that De Kelders was so laid back. At night we could look up at the milky way and wake up to a perfect sunrise in the mornings. A great getaway from the city. "
"Kleinbaai is really a nice and peaceful holiday place. Go for a stroll at the sea outside the house, we discovered a turtle."
"Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal is eintlik 'n een aanmekaar gebied. Die rustigheid en staproetes by Gansbaai was 'n goeie ervaring. Het die see geniet: bankies langs see is gerieflik. Inkopies word op Gansbaai gedoen. "
"Baie netjies, veilig en skoon. As jy stilte soek dan is dit die regte plek om te wees, sal definitief weer daar besoek gaan aflê."
"Kleinbaai is wat hy sê. 'n Klein baai. Baie rustig en stil. Vriendelike mense. As jy wil inkopies doen is Gansbaai net om die draai."