Geverifieerde Resensie
Gariep Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1317 resensies.
"Die omgewing is effens verwaarloos, lang gras en 'n mens kon nie die dam duidelik van die uitkykpunte waarneem nie. Het ook bietjie onveilig gevoel vanaf uitkykpunte. Dit bly egter 'n wonder om te aanskou as al die sluise oop is."
"The dam was overflowing which was an amazing sight. The little town itself has become derelict which gives it a movie-like eeriness."
"'n Pragtige, netjiese en veilige plattelandse dorpie met 'n fantastiese ligging by die indrukwekkende Gariepdam!"
"Nie veel om te doen behalwe om na damwal te gaan kyk nie. Baie rustige en skoon dorpie."
"Gariepdam is in die middel van Johannesburg na George. 'n Baie oulike plek om meer tyd te spandeer. Die winkels maak net 'n bietjie vroeg toe. Heerlike kuierplekke in die restaurante."
"Ek dink nie dit is so veilig as voorheen nie. Dit is ook nie skoon by die geriewe en ook nie die strate nie."
"Die damwal is besienswaardig en die uitkykpunte oor die damwal en rivier is asemrowend. Reëlings om die binnekant van die damwal te toer moet egter vroegtydig getref word. Die dorp is skoon, stil en die inwoners is baie vriendelik. Ek beveel aan om 'n kort begeleide toer van die historiese bakens in die dorp saam met Marianne te bespreek. Haar boek oor die geskiedenis van die damwal is 'n winskoop."
"Did not have any opportunity to see the dam. Places to purchase food, i.e. garage shop would have been great if they stayed open a bit later. The only eatery open was the bar, and the food was not great, but it was the only option."
"Gariepdam en die omliggende winkels en restaurante het baie verval. Was hartseer om te sien."