Geverifieerde Resensie
Gariep Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1317 resensies.
"Die dam self is vol maar die dame by Gariep Inn het genoem dat water in die dorpie 'n probleem is, aangesien stukkende pompe nie herstel word nie. Hierdie waterkrisis het ons nie geraak nie, ons het heerlik geslaap en gestort en kon verfris ons reis verder aanpak."
"Die weer bepaal of dit 'n gunstige bestemming is of nie vir enige aktiwiteite op die dam."
"Gariepdam is 'n baie klein dorpie en dus nie veel om te doen nie. Meeste van mens se benodighede kan gekry word by die Mini Mart. 'n Besoek aan die damwal maak vir mooi foto's en 'n paar minute se tydverdryf."
"Baie rustige area. Het pragtige foto's by die groot dam gaan neem. Daar gaan nie veel aan in die dorp nie, maar daar is plek om kos te koop en op die pad uit 'n vulstasie vir petrol."
"Het nie gaan rondry nie, maar die winkel was 'n verrassing, alles wat jy nodig mag kry. Tjailatyd restaurant het ook beïndruk."
"Baie goeie belewenis om so 'n erfenisgebied te besoek. Vriendelike mense in die dorp. Heerlik, en baie mooi om te sien."
"Ons het al 'n paar keer by Gariepdam oornag en was baie gelukkig met hoe dit lyk. "
"Dorpie is klein, so nie seker of daar veel is om te doen nie, maar die uitsig is pragtig."
"Daar is te min om te doen by Gariepdam en 'n besige gesin sal dit vervelig vind. Gariepdam is ver van voldoende inkopiebedrywighede. Ons gesin vind dit goed vir 'n halfpad stop en oorslaap op pad na Wes-, Suid- en Oos-Kaap."