Geverifieerde Resensie
Gonubie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gonubie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 232 resensies.
"Die strand is baie lekker om die dag by te spandeer, dit is mooi en skoon en die rivier is lekker vir die kinders om by te speel. "
"Pragtige strand en lagoon! Heerlike kos by restaurante. 'n Lekker vakansie rusplek!"
"Baie lekker plek sal weer soontoe gaan, weer was baie lekker en warm."
"Die dorp was smerig vuil en vullis het letterlik oral uitgepeul. Dit het 'n slegte indruk gemaak."
"Die ligging is lekker. Uit Oos-Londen, maar naby genoeg om soontoe te ry."
"Gonubie is 'n baie lekker rustige bestemming vir 'n kort vakansie by die see. Enigste probleempie, as jy die dag nie kan see toe gaan nie, is daar nie veel ander aktiwiteite vir kinders nie."
"Ons geniet dit in Gonubie. Probeer elke jaar af te gaan na Gonubie vir vakansie by die see al vir 5 jaar."
"Great community close to awesome beach and great places to go have fun. Pancake house is a definite."
"Nooit onveilig gevoel by verblyf. By die strandgebied was daar wel mense wat gedrink het en harde musiek gespeel het, alhoewel daar borde is wat sê dat geen alkohol en harde musiek toelaatbaar is nie. Dit was nie baie lekker om daar rond te beweeg nie."
"Beveel aan, lekker omgewing en ook lekker eetplekke, goedkoop."
"Verkies Gonubie as die betemming in die Oos-Kaap. Goeie infrastruktuur, netjies en goed versorg."