Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Baie om te doen en twee dae was nie genoeg nie. Onthou om plek te bespreek vir ete by 'n restaurant - veral oor Desember. Anders kry jy nie plek om aandete te geniet nie!"
"Mooi skoon, jy kan sien die mense gee om vir hulle plekkies. Vriendelike polisie oral (akademie is op Graaff-Reinet), moet verseker die veiligste dorp in die land wees. 'n Dag in die Camdeboo Reservaat is die moeite werd."
"Het laat in Graaff-Reinet aangekom om enige besienswaardighede te kon besoek. Die gedeelte wat ons wel kon sien het beslis aangedui dat dit 'n pragtige dorp is."
"Maak gerus 'n draai by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige stuk natuur en mooi versorg en bewaar deur Nasionale Parke. "
"Enige trotste Suid-Afrikaner behoort moeite te doen om ten minste een maal in sy lewe Graaff-Reinet te besoek. Dit is 'n pragtige, skoon dorp met 'n ryk geskiedenis met seker die mooiste kerk in Suid-Afrika. Dit is my derde besoek aan Graaff-Reinet en ek sal dit beslis weer besoek."
"Pragtige ou dorpie wat tot 2 eeue terugdateer. Hoewel oud, nie 'n spookdorpie nie, maar goed onderhou om die reisiger te akkommodeer. Baie besienswaardighede en rustige atmosfeer. Die gewone reisiger jaag net altyd deur op sy reis. Maar ek beveel aan om hier te stop en die omgewing te verken."
"Sal weer Graaff-Reinet wil besoek! Dit is 'n baie skoon dorp."
"Pragtige area, het die "Valley of Desolation" gaan sien. Moeite werd! Sal graag langer wil bly in Graaff-Reinet."
"Pragtige ou dorp met baie ou geboue en monumente asook wonderlike natuur aan die buitewyke."
"Daar is pragtige plekke om te besoek. Reinet Huis is 'n museum op sy eie en die vetplantversameling by Obesa is om van te droom."
"Die toeriste bedryf moet sterk steun op die infrastruktuur van die dorp."
"Die Plek van Verlatenis is 'n absolute moet, dit het die ver ry die moeite werd gemaak, absoluut asemrowend."