Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Interessante dorpe met 'n warmte en winkeltjies wat ons asems weggeslaan het."
"Lieflike dorp. Sal beslis moet terugkeer om die ander besienswaardighede, museums en natuurskoon te ervaar."
"Was nie seker waar die restaurante was nie, maar het gou by 'n vulstasie uitgevind."
"It is a town with a lot of history and it can be a worthwhile destination for travellers."
"Die museums, Vallei van Verlatenheid en die vetplantkwekery is beslis 'n besoek werd. Moet ook nie vergeet om 'n paar stukkies vleis by Kamdeboo-slaghuis te koop nie - dis 'n moet. Cold Stream Restaurant is ook hoogs aan te beveel."
"Ons het gewoonlik net in Graaff-Reinet gestop om brandstof in te gooi, maar om daar te oornag was heerlik. Die oulikste restaurante."
"Geskiedkundige dorp wat goed omsien na sy ou geboue. Interessante museums, die moeite werd om te besoek."
"Baie mooi, netjiese dorpie. Die moeite werd om oor te slaap en hul restaurante op te soek en te besoek."
"Valley of Desolation is 'n moet-sien. Daar is ook pragtige museums en oulike restaurante. "
"Sal definitief aanbeveel om na 'The valley of desolation' toe the gaan, asook om aandete te gaan geniet by 'Polka' restaurant. Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp!"